Boude en boesems Liewe vriende Die herrie in die hoenderhok het gaan lê. Tom het die Oscar en ons kan weer sing. Êrens het ek 'n dadaïstiese gedig gelees wat só begin: Asindeton for the Duke's prize / and you and I don't exist. Maar nou is dit weg.
Om jou kastele te sloop Liewe vriende Jeanne Goosen het 'n uitdrukking gehad: "Om oor die klavier te kots." Dit gebeur soms met kinders wat klavieruitvoerings moet gee. Die skryfbedryf in ons land is klein en onder beleg. Ek vind dit nie 'n troebel modderpoel soos sommige mense beweer nie. Meestal
Soos 'n paal bo water Liewe vriende Ons is by die kus, dis bewolk en reënerig en ek sit in die vuur en staar. Soos koning Saul voor Dawid se harpspel word ek rustig wanneer ek kyk en luister na siedende branders, loeiende wind en tierende vlamme. Ek mediteer en katrol stringe half-vergete indrukke in,
Wie's jou psycho? Liewe vriende Eers was daar kunsmis, kunsbene en kunstande. Media24 het onlangs na 'n dildo verwys as 'n kunspenis. Nou is daar kunsmatige intelligensie. Ek wens die tyd kon botstil staan. Ek wil nie 'n remskoen wees en in die modder vasval nie, maar ek beskou KI
Wen en verloor Liewe vriende en medelesendes My eksman het destyds by sy werk ’n kursus voltooi en ’n diploma in “faultfinding” verwerf. "Dis die heel laaste ding wat jy nodig gehad het," het ek vir die hiperkritiese Oostenryker gesê. Pippie Langkous was ’n dingsoeker, onthou ek. Maar ’n foutsoeker is
Daar kom pêre Liewe vriende In die week sif ek deur my kop op soek na iets om te deel op 'n Saterdag. Dié week was dit 'n karakter in die reeks Bodkin se opmerking: "You should never trust a horse. Once I saw a horse running seven times around
Sonder uitsondering Liewe vriende By ons reën dit al dae lank en die hele wêreld is groen. Dis weer wat stem tot nadenke, kaggelvuur en rooiwyn. Wat jou laat verlang na plekke waar jy nog nooit was nie. Almal ken Heimweh, maar daar is ook Fernweh - verlange na die vreemde. Ek
Oeps, ek bedoel ... Liewe vriende Kommunikasie is nie 'n reguit pad nie. Dis kronkelend, vol haarnaalddraaie en gapende slaggate. Daaraan dink ek weer toe ek 'n ou kennis raakloop en sy vertel van haar seun se streng girlfriend wat glo niks van haar hou nie. Die girlfriend is 'n Serbiër.
Die X-faktor Liewe vriende Elon Musk het die letter X 'n slegte naam gegee. Amper almal van ons het 'n X-chromosoom, party, soos ek, het twee. X is cool en misterieus, Y lyk soos 'n onderbroek. Toe ons jonk was het my vriendin Marisa altyd gepraat van die X-faktor.
So by my kool Liewe vriende Ek het weer Binnerym van bloed gelees – Antjie Krog se aweregse huldeblyk aan haar ma en aan Afrikaans. Dit ruik na niefiksie, maar op die voorblad staan: "'n Outobiografiese roman". As voormalige biblioteekassistent is genre-klassifikasie en die Dewey-sisteem by my ingedril. Daarom het dit my