Verledes wat spook

Verledes wat spook
Foto deur Dylan Taylor / Unsplash
ANGELA TUCK

You'll be Sorry deur Lisa Gardner

Hierdie Sunday Times-topverkoper-outeur het al heelwat rillers op haar kerfstok. Ek het 'n hele paar gelees. Sy weet hoe om 'n storie op te droom en in te kleur.

Daar is 'n alomteenwoordige verteller en nog 'n stem, 'n gesiglose persoon wat 'n obsessie het met die verlede en daarop uit is om wraak te neem.

Raquel en Theo is twee onmoontlik aantreklike jongmense wat ontmoet en verlief raak. Theo stam uit 'n skatryk familie en het boonop sy eie fortuin gemaak as belegger. Hy is 'n lieflike man, iets wat uiters verfrissend is in misdaadrillers, waar die mans meestal grillerig en haatlik is. Hy straal positiwiteit en lewensvreugde uit. Hy is lojaal en eerlik. Niks kry hom onder nie. Raquel is sy teenpool. Sy is beskadig deur 'n tragedie in haar kinderjare waarvan die besonderhede mettertyd duidelik word. Sy is glad nie daartoe in staat om enigiemand te vertrou nie en sukkel om van haarself te gee. Maar, soos Theo sê, 20 persent van haar is steeds beter as 100 persent van enigiemand anders. Hulle is gelukkig.

Theo het geen idee wat in Raquel se kinderjare gebeur het nie. Sy weier om daaroor te praat, al word sy gereeld skreeuend wakker. Sy verval in 'n depressie en ontwikkel 'n obsessie met 'n moordsaak wat nooit opgelos is nie. 'n Gesin van ses het een nag uit hul vakansiehuis in die dorpie Shereford verdwyn en is nooit weer gesien nie. Haar entoesiasme is genoeg om Theo te oorreed om die huis waaruit die Dixon-gesin verdwyn het, te koop. Dit staan intussen leeg, vir dekades al.

Hulle trek in die gevandaliseerde huis in en begin restoureer. 'n Rondloperhond sluit hom by hulle aan. Hy trek sterk op die Dixons se hond, wat ook daardie nag verdwyn het. Raquel begin oplees oor die dorpie se geskiedenis. 'n Duister verlede word oopgekrap toe die hond, Mr Man, op 'n toegemaakte put afkom. Daarin is die eeue oue lyk van 'n jong vrou, en 'n verseëlde pot. Nou stel die hele wêreld belang in die dorpie.

Daar is nog grusame ontdekkings. Die anonieme stem vertel hoe jong vroue in die dorpie as hekse vervolg en doodgemaak is.

Nog 'n interessante karakter is Mandy Gray, die polisiehoof, soos haar pa voor haar. Die gesin het in haar pa se tyd verdwyn en sy tel ook weer die spoor op. Ook Isla McLean, die heks in die woud, 'n eksentrieke ouer vrou wat soos 'n kluisenaar leef en ook wil uitvind wat daardie nag gebeur het.

Dis uiters spannend en 'n hele nag verdwyn in die niet, maar ophou lees is min. Geloofwaardige, koddige karakters, onherbergsame natuurskoon en stokou geheime hou die leser vasgevang. Ek beveel dit hoog aan.

You'll be Sorry deur Lisa Gardner is deur Century uitgegee en kos R316 by Graffiti.

Unreliable Narrator deur Araminta Hall

Hierdie roman is ook gemoeid met die verlede wat maar nie tot rus wil kom nie.

Hope is in haar dertigs. Tien jaar vantevore is sy as jong aspirantskrywer aangestel as die assistent van 'n opkomende skrywer. Sy het by Ambrose (Rosie) Glencourt en sy vrou Delia gaan woon op hul landgoed in Somerset. Alles was soos 'n droom: aantreklike, posh en cool mense wat op somersaande in die tuin wyn drink en filosofeer. Rosie - veeleisende genie na wie se pype almal moet dans. Delia -misterieus, beeldskoon en stylvol. Daar woon ook 'n jong man oor wie hulle hul ontferm, Tom, 'n gewese dwelmslaaf en dodelik aantreklik. Hy en Hope is onmiddellik aangetrokke tot mekaar.

Alles is egter nie so idillies soos dit voorkom nie. Rosie is die pa van 'n hele paar buite-egtelike kinders. Hy verseker Delia dat dit niks beteken nie, dat hy affairs nodig het om geïnspireer te bly. Hy is 'n aartspoephol: Bokant sy lessenaar hang 'n realistiese skildery van Delia toe sy nog 'n kind was, naak en weerloos oopgekloof, geskilder deur die mentor wat haar misbruik het. Dit word duidelik dat Rosie 'n spel speel met die jongmense, soos 'n regisseur of marionettemeester. Hy teer op hulle energie en dinamika om te kan skryf.

Tien jaar later skakel Hope die televisie aan. Sy is intussen oorgewig en verslons, verslaan deur die lewe. Haar verblyf by die Glencourts het in 'n tragedie geëindig waaroor sy nooit praat nie. Sy sien 'n onderhoud met Rosie. Die roman wat hy geskryf het nadat sy weg is, Ruined Girl, was 'n treffer. Hy vertel hy is besig met 'n opvolg. Uit wat hy sê besef Hope dat sy die hoofkarakter in Ruined Girl is. Hy het haar die stilswye opgelê oor wat daar gebeur het, en daarna haar storie gesteel. Sy lees vir die eerste keer die roman. Nadat sy daar weg is, het sy alles vermy wat haar herinner aan daardie tyd. Sy lees ook vir die eerste keer weer haar dagboek van dieselfde tydperk.

So ontvou die verhaal van 'n monster wat 'n liefdesverhouding orkestreer en op die rotse laat loop as materiaal vir sy storie. Op die voorblad staan: It's his story. It's her life.

Hope begin haarself terugvind. Haar enigste verweer teen die mense wat haar leed berokken het - want natuurlik was Delia en selfs Tom ook aandadig - is om haar eie boek te skryf.

Dis 'n interessante studie van perspiektief en invalshoek, van verdraaide narratiewe en teësinnige muses. Van die verlies van onskuld. En van skrywers wat gewetenloos op mense se lewens beslag lê. Dit het my gefassineer.

Unreliable Narrator deur Araminta Hall is deur Pan MacMillan uitgegee en kos R385 by Graffiti.

Writing

The cursive crawl, the squared-off characters
these by themselves delight, even without
a meaning, in a foreign language, in
Chinese, for instance, or when skaters curve
all day across the lake, scoring their white
records in ice. Being intelligible,
these winding ways with their audacities
and delicate hesitations, they become
miraculous, so intimately, out there
at the pen’s point or brush’s tip, do world
and spirit wed. The small bones of the wrist
balance against great skeletons of stars
exactly; the blind bat surveys his way
by echo alone. Still, the point of style
is character. The universe induces
a different tremor in every hand, from the
check-forger’s to that of the Emperor
Hui Tsung, who called his own calligraphy
the ‘Slender Gold.’ A nervous man
writes nervously of a nervous world, and so on.

Miraculous. It is as though the world
were a great writing. Having said so much,
let us allow there is more to the world
than writing: continental faults are not
bare convoluted fissures in the brain.
Not only must the skaters soon go home;
also the hard inscription of their skates
is scored across the open water, which long
remembers nothing, neither wind nor wake.

Howard Nemerov


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe