Soos 'n paal bo water

Soos 'n paal bo water
Foto deur Tim Mossholder / Unsplash
ANGELA TUCK

Liewe vriende

Ons is by die kus, dis bewolk en reënerig en ek sit in die vuur en staar. Soos koning Saul voor Dawid se harpspel word ek rustig wanneer ek kyk en luister na siedende branders, loeiende wind en tierende vlamme. Ek mediteer en katrol stringe half-vergete indrukke in, gaan soek na gedagtetreine wat êrens ontspoor het.

0:00
/0:08

Vuurtjie. Agtergrondmusiek 'n blaarblaser, want geen paradys is sonder slang nie.

Iets wat my dié week beïndruk het: In die roman Crux is daar die kompromislose karakter Tamma. Wat is "fierce" in Afrikaans? Fel, hewig, woes? Ek hou van sulke karakters.

Daar was iets wat Tamma gesê het: "Fuck the weak." En sy het verduidelik: Wanneer 'n bergklimmer nie 'n klimprobleem kan oplos nie, sê 'n mens nie: 'O, wel, hulle kon dit nie doen nie.' 'n Mens sê eerder: 'Hulle het nie hard genoeg geoefen nie.'

Tamma voel as iemand deur taai uitdagings in die gesig gestaar word en nie die moed het om dit te oorkom nie, moet 'n mens nie sê: 'Wel, jy kan nie soveel van 'n mens verwag nie.' Wat jy eintlik moet sê is: 'Hulle het 'n duisend kanse gehad, dis nie iets wat sommer net met hulle gebeur het nie. Dag in en dag uit was hulle selfsugtige poepholle, hulle het nie genoeg van hulself gevra nie.'

Sy verduidelik:

"You get to practice courage every day of your life. Just doing the dishes when you're tired. Making the beds and folding the laundry when you have nothing left. These are situations where you think, I just can't, but then you do it, anyway. Speaking gently to a baby when you've been awake for thirty-six hours and you're dying ... All of those are difficult acts of kindness and taking care ..."

Van mense wat nie die moed het om 'n moeilike situasie die hoof te bied nie, sê sy: "... they had six thousand days to be more than they are, and they let each day pass them by ... never asking more from themselves than the bare minimum; a thousand small acts of cowardice have culminated, finally, in a life-ruining act of cowardice, for which we can hold them responsible ... Like, the weak have allowed themselves to be weak."

Sy kom tot die slotsom dat die wêreld behoort aan diegene wat doelgerig en moedig is. Waarop haar vriend Dan antwoord: "I think you're a savagely hard person, Tams. And I admire it very much. But I am not that way."

Dis ter wille van sulke oomblikke dat ek lees, dat ek uit die bed opstaan.

Ek wil nie tot slotsomme kom en morele oordele vel nie. Ek wil bloot vrae vra. Ek dink byvoorbeeld aan mense wat eenvoudig nie 'n verslawing kan oorkom nie, of onherroeplik geknak word deur iets afgryslik wat met hulle gebeur het. Ek wil nie sonder simpatie wees nie, maar soms steek iets fel en hewig kop uit. Wild.

Wat is "moral fibre" in Afrikaans? Sekerlik nie morele vesel soos Google voorstel nie. Innerlike krag, stoffasie, integriteit? Kan jou morele spiere ontwikkel word?

Natuurlik is dit nie so eenvoudig nie. Daar is soveel faktore om in ag te neem. Sommige mense ly aan depressie, wat verlammend is. Dis so fisiek en bewysbaar soos die swerm organismes in jou derm wat nie gesond genoeg is nie, sodat jou brein nie genoeg serotonien afskei nie.

Daar sal altyd verskonings wees. Maar daar is ook mense wat alles op aarde oorkom en ten spyte van enorme hindernisse sukses behaal. Met sukses bedoel ek eenvoudig om die lewe van dag tot dag te handhaaf en gaaf en vrygewig te wees.

Ek is immer op soek na 'n Afrikaanse woord vir die Engelse "kind". "Gaaf" is te flou. Die beste woord het uitgesterf: barmhartig. Vol erbarming. "Die goeie Samaritaan" word hy deesdae genoem. Ons taal het verskraal.

Stem jy met Tamma saam dat "swak" mense bloot ongeoefen is in moedigheid, nooit oor hulle eie skaduwee gespring het en hulleself nooit uitgedaag het om dieper te delf nie? Of word sekere mense gebore sonder die daadkrag, moed en deursettingsvermoë om te slaag?

Sulke vrae weeg ek op terwyl ek in die vlamme staar. Staan iets ooit soos 'n paal bo water? Is iets ooit 'n feit soos 'n koei? Nee, want daar is altyd ontelbare skakerings en nuanses.

Steeds bewonder ek fel karakters soos Tamma, wat sterk opinies het en uitgesproke is, met 'n oog wat nie wyk, wat 'n barshou kyk en 'n arm wat 'n slag kan slaan. Wat hoog brand soos 'n sweisvlam. Hulle is vir my aangrypender om oor te lees as karakters soos Hamlet, wat eindeloos tob, opweeg en hink op twee gedagtes. Soos Dan bewonder ek in die regte lewe ook hewige mense, mits hulle nie hatend en oortrek van samesweringswere is nie. Solank hulle, soos Tamma, barmhartig is. Vol deernis.

Bedagsaam, wakker, hulpvaardig, vrygewig, moedig. Morele muskulatuur moet geoefen word.

Wat dink jy?

Liefde
Deborah

Lot’s Wife

And the just man trailed God’s shining agent,
over a black mountain, in his giant track,
while a restless voice kept harrying his woman:
“It’s not too late, you can still look back

at the red towers of your native Sodom,
the square where once you sang, the spinning-shed,
at the empty windows set in the tall house
where sons and daughters blessed your marriage-bed.”

A single glance: a sudden dart of pain
stitching her eyes before she made a sound . . .
Her body flaked into transparent salt,
and her swift legs rooted to the ground.

Who will grieve for this woman? Does she not seem
too insignificant for our concern?
Yet in my heart I never will deny her,
who suffered death because she chose to turn.

Anna Akhmatova


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe