Moord & mishandeling

Moord & mishandeling
Foto deur Emanuel Haas / Unsplash
ANGELA TUCK

Read the article in English here.

In 'n huis wat al leër word soos herinneringe opgepak en skoonheid in borrelplastiek toegedraai word, het ek dié week darem gelees gekry. Benewens manuskripte en resensieboeke, het ek twee huishoudelike noirs gelees wat my nekhare laat rys en my vervul het met dankbaarheid vir die rustige bestaan wat ek uiteindelik voer.

The Lover deur Mary Watson

Van Mary Watson het ek al The Cleaner gelees, 'n wegholsukses. The Lover sal ook rillings langs jou ruggraat afstuur. Watson het nogal Suid-Afrikaanse wortels; sy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer onder André Brink, aan wie die roman opgedra is. Sy het haar PhD daar behaal en ook lank klasgegee. Sy woon nou in Ierland, waar hierdie roman afspeel.

Die verteller, Hallie, boesem vertroue in. Sy keer na haar tuisdorp terug om assistent-kurator van die museum te word. Haar kollega, Cara, is ook haar huismaat. Ander mense saam met wie sy grootgeword het, werk ook daar. Sy het saam met haar jeugliefde, Calvin, Amerika toe gegaan, maar teruggekom toe hulle opbreek. Hy was uiters besitlik.

Iets het gebeur toe sy 'n rebelse tiener was en saam met Gavin en sy waaghalsige maats uitgehang het – hulle is 'n paar jaar ouer as sy. Wat presies daardie dag gebeur het, word eers later duidelik. Sy het 'n rooi bikini en 'n bokkop-masker gedra.

Nadat sy die pos by die museum gekry het, loop sy die direkteur, die aantreklike Rafe, in 'n kuierplek raak. Hy weet skynbaar nie dat sy daar aangestel is nie en hulle is aangetrokke tot mekaar. Hulle begin 'n verhouding, maar sy verbreek dit omdat sy besef dat hy ewe besitlik as Gavin is. 'n Sekere intensiteit omtrent hom maak haar bang.

Dan begin alles skeefloop by haar werk. Dis duidelik dat iemand haar saboteer en sy verdink Rafe, wat nie haar beëindiging van hulle verhouding sagkens aanvaar het nie. Sy lê 'n klag teen hom en kry self 'n paar waarskuwings, sodat haar werk nou in die weegskaal is.

Dan versoen hulle wel, want die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk. Die eerste nag toe hulle weer saam is, word hy langs haar in die bed vermoor. Sy word wakker met bloed rondom en op haar, en sy kan niks onthou nie.

Natuurlik is sy die hoofverdagte, maar die moordtoneel maak nie sin nie. Sy is vasberade om uit te vind wie verantwoordelik is.

Daar is heelparty lokbokkems. Aanvanklik het ek gedink dis heeltemal té duidelik wie die skuldige is, maar gou het ek omtrent elke karakter in die boek verdink.

Soos haar verlede in tussenhoofstukke oopvou, word sekere dinge duideliker. Die karakters is sterk geteken, die spanning toon 'n opwaartse kurwe en die leser bly raai. Hier is 'n skrywer met 'n trefseker aanvoeling vir die genre.

Ek het ál hoe vinniger gelees en die einde glad nie sien kom nie. Ek beveel dit aan.

The Lover deur Mary Watson is deur Penguin Random House UK uitgegee en kos R395 by Graffiti.

Yesteryear deur Caro Claire Burke

Hierdie is 'n debuutroman en na my mening is dit nogal duidelik. Daar is heelwat potensiaal, maar aan die einde het dit vir my gevoel asof alles in hoofletters geskryf was, soos 'n dreigende e-pos. Dit was net te goties, te chaoties, te ekstreem, as jy my vra.

Ek het vroeër The Trad Wife gelees, oor 'n influencer wat voorgee om die Amerikaanse droom te leef, tradisioneel, getrou aan outydse waardes, heilsaam en Christelik. Haar huis en haard, man en kinders is haar lewe. Sy kook en bak terwyl sy soos 'n perskeblom lyk, alles voor die kameras. Agter die skerms lyk dit heelwat anders.

The Trad Wife was amper die wegspringplek vir hierdie roman. Natalie is ook 'n influencer met miljoene volgers. Sy het vir haarself en haar nikswerd, ruggraatlose, kinderagtige man Caleb – toevallig 'n skatryk erfgenaam – 'n lewe uitgekerf of vervaardig, op hulle plaas Yesteryear, waar hulle (op die oog af) vasklou aan ou Bybelse waardes en na aan die natuur leef. Natuurlik is dit onmoontlik om 'n sukses van boerdery te maak as jy nie aanhou geld daarin pomp, skadelike pesbeheer toepas en mense teen minimumloon aanstel nie.

Natuurlik het sy twee kinderoppassers en 'n produksiebestuurder, Shannon, en haar man 'n skare Meksikane wat op die lande werk. Haar vervaardiger, wat die idilliese videos neem en redigeer, is 'n jong vrou wat ontgogel is in die keuses wat vir vroue beskikbaar is: Jy kan 'n tuisteskepper word en opgaan in jou man se loopbaan en jou kinders se ontwikkeling, of jy kan 'n beroepsvrou word wat twee keer so hard as jou manlike kollegas moet werk en as jy boonop kinders wil hê, word jou lewe 'n onmoontlike balanseertoertjie. Shannon en haar vriendinne glo laasgenoemde opsie is 'n doolhof wat verstrik. Hulle bewonder Natalie omdat sy, so lyk dit vir hulle, vryheid geniet en 'n sorgelose bestaan voer.

Toe nie. Natalie is kil en berekenend met geen druppel moedersinstink nie, hoewel sy haarself elke jaar insemineer met die sperm van haar man, wat belangstelling in haar verloor het. Die kinders is rekwisiete, props wat haar idilliese prentjie moet voltooi.

Dinge begin skeefloop toe Shannon bedank en die klugspul onbtloot. Opeens word Natalie in 'n nagmerrie wakker. Hulle woon steeds op Yesteryear, maar dis nou die jaar 1855 en vir die eerste keer is hulle leefwyse werklik outentiek: Sy moet in die ysige koue met die hand wasgoed was, brode knie en heeldag werk. Sy het 'n ander stel kinders en haar man is ook nie meer haar man nie. Hy eis totale gehoorsaamheid en slaan haar as sy nie luister nie. Anders as die ou Caleb is hy wel geïnteresseerd in seks met haar, en neem haar hardhandig. Sy is gedurig swanger. Daar is ook geen kameras, internet of volgelinge nie.

Hoe dit uitspeel moet jy maar self lees. Die agterplat noem dit "a howling piece of feminist rage", maar ek plaas my vraagtekens. Natalie is 'n narsis en ten diepste onwel. Moet ons glo dat die patriargie haar so gemaak het? Na my mening is sy 'n geslepe opportunis. Was die enigste uitweg dan om 'n wêreld te vervaardig waar sy die trom slaan ten koste van al die ander mense in haar lewe? Is die manier waarop dit uitgedraai het 'n korrektief, of is sy steeds 'n slagoffer?

Dis boeiend en behou die aandag.

Yesteryear deur Caro Claire Burke is deur HarperCollins uitgegee en kos R342 by Graffiti.

The Farm

My father’s farm is an apple blossomer.
He keeps his hills in dandelion carpet
and weaves a lane of lilacs between the rose
and the jack-in-the-pulpits.
His sleek cows ripple in the pastures.
The dog and purple iris
keep watch at the garden’s end.

His farm is rolling thunder,
a lightning bolt on the horizon.
His crops suck rain from the sky
and swallow the smoldering sun.
His fields are oceans of heat,
where waves of gold
beat the burning shore.

A red fox
pauses under the birch trees,
a shadow is in the river’s bend.
When the hawk circles the land,
my father’s grainfields whirl beneath it.
Owls gather together to sing in his woods,
and the deer run his golden meadow.

My father’s farm is an icicle,
a hillside of white powder.
He parts the snowy sea,
and smooths away the valleys.
He cultivates his rows of starlight
and drags the crescent moon
through dark unfurrowed fields.

Joyce Sutphen


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe