Misdadige DNS

Misdadige DNS
Foto deur Eugene Golovesov / Unsplash
ANGELA TUCK

Intussen, op ons kusdorpie, raak ek besig, met al hoe meer werk wat inkom. Ek lees minder as in die Noorde. Ek het darem tussen verse, resensies en wandelpaadjies een lywige misdaadroman gelees.

The Stretch deur Martina Cole

Martina Cole is die skrywer van 'n hele rits topverkopers. Sy het nie minder nie as 17 blitsverkopers agter haar naam. Vier van haar romans is verfilm en drie verwerk tot verhoogdramas. Haar styl is grinterig en lewensgetrou. Hierdie roman, lees ek agterin, het sy geskryf nadat sy 'n ernstige beroerte gehad en haar seun haar versorg het.

Dit handel oor 'n misdadige familie. Die stamvader, Big John Raglan, word in die tronk doodgesteek deur 'n gesant van 'n mededinger. Big John se weduwee, Nellie, is 'n karakter. Sy het 'n vlymskerp tong, stuit vir niks en sal nie huiwer om 'n bendebaas deur die gesig te klap nie. Sy maak haar seuns met heelwat selfvertroue groot. Haar oogappel, Johnny Junior, het 'n saggeaarde kant ten spyte van sy vinnige humeur maar sy broer Jimmy is 'n sadistiese nikswerd.

Nadat sy pa tronk toe is moet Johnny Junior die misdadige empire oorneem, op 'n jong ouderdom. Dit gaan heel goed tot hy tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis word omdat hy sy pa se moordenaar in 'n parkeerarea vermoor het. Om tronkstraf uit te dien, loop in die familie. Wat het ek gemaak? Nou kry ek nege maande bo in die Roelandstraat. Nou moet die ongebalanseerde Jimmy die leisels oorneem.

Johnny, wat nou in die tronk sit, is getroud met Janey, 'n elegante vrou uit een stuk. Sy en sy ma, Nellie, is baie geheg aan mekaar. Nellie kom woon by hulle om Johnny Junior se twee seuns, Johnny Boy en Mikey te help grootmaak. Johnny Boy of JB soos hy na homself verwys, trek na sy pa en aard na sy oupa - daar is niks sags of goeds in hom nie. Mikey is, uiteindelik, 'n redelike, verstandelike man met empatie - seker van moederskant.

So volg die leser die wedervaringe van drie generasies misdadigers en die vroue wat hulle bystaan en wat in die proses dikwels verrinneweer word. Hulle is 'n trotse familie wat geen ontrouheid duld nie. As iemand nie lojaal is nie, word hy uitgehaal, selfs al is hy familie. Jimmy is besig om sy ma en skoonsuster se geduld te toets en die leser voel hy dobbel met sy lewe. Met daardie twee vroue sukkel jy nie.

In die tronk boesem Johnny Junior gesag in en word 'n leier. Skewe bewaarders sorg dat hy in weelde leef en sy kriminele aktiwiteite kan voortsit. Sy ma en seuns besoek hom gereeld. Sy vrou, Jayne, raak egter afsydig.

Jayne is die interessantste karakter. Vir haar was dit 'n verligting toe Johnny Junior lewenslank tronk toe is. Hy het haar nie geslaan nie, maar was uiters baasspelerig. Sy woord was wet en hy het elke aspek van haar lewe oorheers. Skielik ervaar sy vryheid.

Dis soos 'n makker Godfather. Die seuns trou met beeldskone leegkoppe en ma en ouma moet skadebeheer toepas.

Aan die einde is daar alweer tweelingseuns, Mikey s'n. Gaan hulle meer mededoë toon as hul voorsate, of sal die misdadige DNS saam met die twyfelagtige omgewing hulle ook beskadig?

Die roman is uiters leesbaar, veral weens die karakterisering. Dit maak 'n mens dankbaar vir jou vervelige, meestal wetsgehoorsame bestaan, hoewel heelwat minder weelderig as die skurke s'n.

The Stretch deur Martina Cole is deur Headline uitgegee en kos R405 by Graffiti.

Jail Poems

1
I am sitting in a cell with a view of evil parallels,
Waiting thunder to splinter me into a thousand me's.
It is not enough to be in one cage with one self;
I want to sit opposite every prisoner in every hole.
Doors roll and bang, every slam a finality, bang!
The junkie disappeared into a red noise, stoning out his hell.
The odored wino congratulates himself on not smoking,
Fingerprints left lying on black inky gravestones,
Noises of pain seeping through steel walls crashing
Reach my own hurt. I become part of someone forever.
Wild accents of criminals are sweeter to me than hum of cops,
Busy battening down hatches of human souls; cargo
Destined for ports of accusations, harbors of guilt.
What do policemen eat, Socrates, still prisoner, old one?
2
Painter, paint me a crazy jail, mad water-color cells.
Poet, how old is suffering? Write it in yellow lead.
God, make me a sky on my glass ceiling. I need stars now,
To lead through this atmosphere of shrieks and private hells,
Entrances and exits, in . . . out . . . up . . . down, the civic seesaw.
Here — me — now — always here somehow.
3
In a universe of cells—who is not in jail? Jailers.
In a world of hospitals—who is not sick? Doctors.
A golden sardine is swimming in my head.
Oh we know some things, man, about some things
Like jazz and jails and God.
Saturday is a good day to go to jail.
4
Now they give a new form, quivering jelly-like,
That proves any boy can be president of Muscatel.
They are mad at him because he's one of Them.
Gray-speckled unplanned nakedness; stinking
Fingers grasping toilet bowl. Mr. America wants to bathe.
Look! On the floor, lying across America's face—
A real movie star featured in a million newsreels.
What am I doing—feeling compassion?
When he comes out of it, he will help kill me.
He probably hates living.
5
Nuts, skin bolts, clanking in his stomach, scrambled.
His society's gone to pieces in his belly, bloated.
See the great American windmill, tilting at itself,
Good solid stock, the kind that made America drunk.
Success written all over his street-streaked ass.
Successful-type success, forty home runs in one inning.
Stop suffering, Jack, you can't fool us. We know.
This is the greatest country in the world, ain't it?
He didn't make it. Wino in Cell 3.
6
There have been too many years in this short span of mine.
My soul demands a cave of its own, like the Jain god;
Yet I must make it go on, hard like jazz, glowing
In this dark plastic jungle, land of long night, chilled.
My navel is a button to push when I want inside out.
Am I not more than a mass of entrails and rough tissue?
Must I break my bones? Drink my wine-diluted blood?
Should I dredge old sadness from my chest?
Not again,
All those ancient balls of fire, hotly swallowed, let them lie.
Let me spit breath mists of introspection, bits of me,
So that when I am gone, I shall be in the air.

Bob Kaufman


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe