Keuses en merries

Liewe vriende
Hoe vertel 'n mens jou eie storie? Dit is, na alles, die enigste storie wat jy ken. Ek lees heelwat outobiografieë en memoires, en outobiografiese romans wat onverdunde biografie is, met 'n skeppie verdigsel hier en daar.
Die probleem is die "ek". Om nie selfverheerlikend te wees nie, moet jy gedurig selfironiserend wees. Jy moet jouself eintlik vergat. As jy sê: "Ek was altyd die slimste kind in die klas," gaap, dan sit lesers die boek neer. Eigenlob stinkt, het my streng Oostenrykse man altyd gepreek wanneer ek net so 'n klein bietjie my eie beuel wou blaas. Eielof stink. Jy moet maniere vind om te wys dat jy die moeite (en lees) werd is, maar, hoor my lied, jy moenie fyn spog nie.
Ek wil iets illustreer wat vir my stuk-stuk duidelik word, met flikkerende buitelyne. Om dit te doen, gaan ek myself "sy" noem. Dan struikel 'n mens nie gedurig oor die ekkerigheid nie. Moenie bekommer nie, "sy" word nie baie vleiend geskets nie. Sy is eenvoudig nie baie mooi nie, hoor.
Sy lees in Maria Popova se uitnemende nuusbrief The Marginalian iets wat Simone du Beauvoir, een van haar helde, oor keuses gesê het toe sy 'n filosofiestudent was:
The horror of the definitive choice is that we engage not only the self of today but also that of tomorrow. And this is why marriage is fundamentally immoral. Thus, we must try to determine which one repeats our changing self the most often. One must create a sort of abstract self and say to oneself: this is the state in which I find myself the most often; this is what I want the most often; thus, this is what suits me.

Sy was nie bang vir definiërende keuses toe sy bitter jonk was nie. Sy het eenvoudig niks as finaal definiërend beskou nie. Sy het haarself en haar lewe as in transito beleef: immer op 'n trein, nooit arriverend by die laaste stasie nie. Vloeibaar soos water, met die vermoë om te transmuteer tot stoom of ys. Dit maak besluitneming heelwat makliker.
Sy het nie duidelikheid gehad oor haar seksuele identiteit nie. Sy het geglo sy is na genoeg aan die middel van die gradeboog om enige kant toe te kies. Sy het geglo dit was 'n keuse, soos daar graag vir gay mense gesê word. Dit was natuurlik nie waar nie. Sy was in ontkenning.

Dit het gehelp dat die man wat haar op die regte oomblik gevra het om te trou, mooi soos 'n sprokiesprins was. Dit het ook gehelp dat hy haar verseker het hy is onvrugbaar, 'n dokter het dit glo bevestig. Sy het nog nie besluit oor kinders nie en het gedink die kosmos het namens haar besluit. Sy het ook in haar donker agterkop gereken: As dit nie uitwerk nie en daar is nie kinders nie, is dit nie so 'n treinongeluk nie. Sy het gedroom oor 'n Oostenrykse paspoort. Sy het die besluit geneem namens die self wat sy toe was, in daardie oomblik, en nie vermoed dit kon die res van haar lewe definieer nie.
Sy het gou besef dit was die verkeerde besluit, die verkeerde mens. Maar twee kinders het opgedaag en dit het haar min of meer tien jaar laat bly. Daarna het ongeveer twintig maer jare gevolg, want toe sy weggaan, het hy opgehou werk en van sy erfgeld geleef terwyl hy armoede pleit. Sy was te trots om sy welgestelde ouers in Oostenryk om hulp te vra, of haar eie ouers. Dit was immers haar besluit. Toe sit sy met tot drie werke op 'n slag, hope rekeninge en twee beeldskone dogters. Syself was nooit beeldskoon nie – sy was nie lelik nie, maar valerig, oorgewig in haar fleur, effens verslons en beskimmeld.
Sy het nog 'n hele paar besluite geneem wat haar lewe in seisoene en episodes laat verloop het soos 'n TV-reeks. Soms wou sy roekeloos leef. Soms wou sy meer bemin as wat sy bemin wou word. Soms wou sy haar grense toets. Nee, verander van kanaal. Nuwe seisoen. Oral het sy haar altyd losgedraai wanneer dit die verkeerde besluit blyk te gewees het. Sy was goed met weghardloop.
Uiteindelik, op 50, het sy 'n besluit geneem met die volle besef dat dit definiërend is. Sy het uiteindelik geweet, soos De Beauvoir gesê het, wie sy was en wat sy meestal en bo alles wou hê, en op grond daarvan besluit. Sy het haar persoon geëien. Sy het vrede gekies en liefde, begrip, humor en intelligensie. Redelikheid. Ruimhartigheid.
Vanoggend lees sy op Facebook 'n storie oor 'n merrie in Montana wat 'n miskraam gehad het. Sy het vir drie dae gelê en weeklaag en geweier om naby die skuur te kom waar dit gebeur het. Toe het sy verdwyn, die woud in. Weke later het haar eienaar 'n nuusberig gesien oor 'n rondloperperd wat deur kameras in die woud afgeneem is saam met verskillende diertjies. 'n Verlore bokkie, 'n bababeer, klein jakkalsies. Dit was sy merrie.
Toe besef hulle sy het nie doelloos rondgedwaal nie. Nadat sy haar vul verloor het, het sy in die woud gaan soek na diertjies sonder 'n ma. Die boer, haar eienaar, het gesê: "She didn't run because she was broken. She ran because she still had love left to give."

En op die plek besef sy dít van haarself: Sy het nie weggeloop omdat sy stukkend was nie. Sy het weggehardloop omdat sy nog liefde oorgehad het om te gee.
Liefde
Deborah

Ballad of the Absent Mare
Say a prayer for the cowboy
His mare's run away
And he'll walk till he finds her,
His darling, his stray
But the river's in flood
And the roads are awash
And the bridges break up
In the panic of loss.
And there's nothing to follow
There's nowhere to go
She's gone like the summer
Gone like the snow
And the crickets are breaking
His heart with their song
As the day caves in
And the night is all wrong
Did he dream, was it she
Who went galloping past
And bent down the fern
Broke open the grass
And printed the mud with
The iron and the gold
That he nailed to her feet
When he was the lord
And although she goes grazing
A minute away
He tracks her all night
He tracks her all day
Oh blind to her presence
Except to compare
His injury here
With her punishment there
Then at home on a branch
In the highest tree
A songbird sings out
So suddenly
Ah the sun is warm
And the soft winds ride
On the willow trees
By the river side
Oh the world is sweet
The world is wide
And she's there where
The light and the darkness divide
And the steam's coming off her
She's huge and she's shy
And she steps on the moon
When she paws at the sky
And she comes to his hand
But she's not really tame
She longs to be lost
He longs for the same
And she'll bolt and she'll plunge
Through the first open pass
To roll and to feed
In the sweet mountain grass
Or she'll make a break
For the high plateau
Where there's nothing above
And there's nothing below
And it's time for the burden
It's time for the whip
Will she walk through the flame
Can he shoot from the hip
So he binds himself
To the galloping mare
And she binds herself
To the rider there
And there is no space
But there's left and right
And there is no time
But there's day and night
And he leans on her neck
And he whispers low
"Whither thou goest I will go"
And they turn as one
And they head for the plain
No need for the whip
Ah, no need for the rein
Now the clasp of this union
Who fastens it tight?
Who snaps it asunder
The very next night
Some say the rider
Some say the mare
Or that love's like the smoke
Beyond all repair
But my darling says
"Leonard, just let it go by
That old silhouette
On the great western sky"
So I pick out a tune
And they move right along
And they're gone like the smoke
And they're gone like this song
Leonard Cohen