Donker dae

Donker dae
Walk in the park with Dr Bob - Edward Bowen. Foto deur Suzanne du Toit.
ANGELA TUCK

Wanneer jou kat vir twee nagte en drie dae wegbly, sukkel jy om te lees. Skat (die een wat hierbo teen die boekstapel stamp) is terug! Hy was in die stormwaterdrein vasgekeer. Om van ander se ellendes te lees, is vreemd opbeurend. Dit was ver, in 'n ander land en dit het met ander mense gebeur. Ek het twee noirs gelees, uit die aard van die saak.

All That Is Mine I Carry With Me deur William Landy

William Landy het ook die bekroonde Defending Jacob geskryf, en The Strangler, wat deur die Los Angeles Times, Daily Telegraph en ander as die beste misdaadroman van die jaar benoem is.

Lesers merk vanuit die staanspoor dat hulle in bekwame hande is. Die roman speel in 1975 en die hede af. Op 'n goeie dag in 1975 was die tienjarige Miranda Larkin se ma nie by die huis toe sy van die skool af kom nie. Jane Larkin het nooit weer huis toe gekom nie en geen spoor van haar is gevind nie. Daar was geen tekens van 'n inbraak nie. Haar handsak was op sy gewone plek.

Natuurlik was haar man, Dan, die hoofverdagte. Soos Harry Hole gesê het: It's always the husband. Dan Larkin is 'n redelik oneerlike advokaat; hy slaag daarin om berugte misdadigers los te kry, wat natuurlik 'n winsgewende besigheid is. Maar hy pleit onskuld. Omtrent 'n week ná Jane se verdwyning kom sy minnares by die huis aan en trek kort voor lank in. Hulle gaan op die eksotiese reis wat Jane vir haar en haar man beplan het.

Dan lyk so verdag soos môre heeldag, maar daar is geen bewyse nie. Miranda en haar twee broers, Alex en Jeff, word deur hulle pa grootgemaak, hy wat vermoedelik 'n moordenaar is. As die verdwyning van 'n kat 'n mens se hart in soveel skerwe kan laat splinter, kan ek my nie voorstel hoe moeilik die onopgeloste verdwyning van 'n ma moet wees nie.

Twintig jaar later is geen bewys nog gevind nie en Dan Larkin is steeds op vrye voet, hoewel twee van sy kinders, Miranda en Jeff, teen hom gedraai het. Dan word Jane se liggaam gevind en die ondersoek word heropen. Nou moet die kinders kant kies en dinge raak lelik. Boonop begin hulle pa aan Alzheimers ly. Die leser begin wonder of hulle ooit gaan weet wie die skuldige was. Lees maar.

Dis 'n boek wat jou aangryp; die karakterisering is uitstekend. Die roman bevat lewenswaarhede soos die volgende gedagtes van 'n speurder op 'n stakeout:

A lot of detective work, it turned out, amounted to no more than being watchful, and his whole life had prepared him for it. To be acutely self-conscious is, equally, to be acutely other-conscious to observe people and note their reactions, to watch them watching you.

Dis 'n boeiende misdaadroman wat ook huishoudelike noir is, oor die patologie van gesinne, oor vertroue en lojaliteit. Oor hoe dit is om mens te word onder uiters moeilike omstandighede. Ek beveel dit hoog aan.

All That Is Mine I Carry With Me deur William Landay is deur Orion uitgegee en kos R265 by Amazon SA.

Don't Swipe Right deur L.M. Chilton

Miskien is hierdie die perfekte boek vir iemand wie se gedagtes soos reënwolke weggewaai en verstrooi het, of miskien nie. Miskien besit dit nie genoeg diepte om 'n mens se aandag af te lei van jou omstandighede nie. Ja, dis lig – 'n komiese moordverhaal. 'n Reeksmoordverhaal – die roman bevat heelwat moorde.

Miskien is ek nie die regte gehoor nie. Dit handel oor bevoorregte wit kinders in Londen, in hulle twintigs, wat verknog is aan 'n dating app, Connector. Hulle drink hopeloos te veel, het terloopse dronk seks met vreemdelinge en wonder waarop hulle lewens afstuur.

Die hoofkarakter en verteller, Gwen Turner, se beskrywings van haar rampspoedige afsprake met ongeskikte mans is wel hoogs komies. Mansplainers, narsiste en veelwywers wat lieg op hulle profiel.

I had to drink through most of these dates, to be honest. They all merge into one another. A lot of the time they were explaining the Marvel Cinematic Universe timeline in excruciating detail, or simultaneously patronising and insulting me while I I guess I didn't really know anything about any of them.

Dan word 'n patroon duidelik: Elke man vir wie sy regs swipe, elke man met wie sy een keer uitgaan, word vermoor op die toneel van hulle afspraak.

Daar is 'n oulike speurder wat saam met haar op skool was, daar is die eks na wie sy bly hunker en haar beste vriendin Sarah wat op troue staan met 'n twyfelagtige man. Natuurlik word Gwen 'n verdagte – al die moorde het iets met haar te doen. Of het kuberkrakers geknoei om die app te manipuleer? Iemand het hulle mes in vir haar, dis duidelik.

Ja, daar is 'n donker ondertoon van verlies en versugting, maar na my smaak was dit te lig, met komiese momente hier en daar.

Dis 'n generasie wat ek nie ken nie en ek was nog nooit op 'n dating app nie. Ek is dankbaar oor my veilige lewe en my kat wat teruggekom het.

Don't Swipe Right deur L.M. Chilton is deur Head of Zeus uitgegee en kos R215 by Amazon SA.

Why do men write on a dating app
"Girls, start with more tha Hi
Bring a bit of chat girls
Make some effort, try!"

But men that space you've used there,
To dictate what we should do,
Is where you pop your description in,
Some info about you.

So if she's looked past your ego
And the array of generic pics
Then you've got to make the effort now
To prove that you're not a dick

The fact she's said hi at all
Is really quite the win!
Isn't that how most conversations start,
The normal way to begin?

And guys we're not Graham Norton
Interviewing you for our BBC show
Or an upcoming comedian,
Auditioning for Live at the Apollo.

So maybe if a girl says hi
You could just say hi too,
And build a conversation from there
Like normal people do.

Kate Bromage


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe