Die saaiheid van Oz

Die saaiheid van Oz
Foto deur Sebastian Knoll / Unsplash
ANGELA TUCK

Read the article in English here.

Last One Out deur Jane Harper

Min skrywers kan klein dorpies in Australië beter uitbeeld as Jane Harper - die bloekoms, die wind, die hitte en verveling. Patrick White, 'n Australiese outeur wat die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het, het ook oor kleindorpse Oz geskryf, en oor mense se vooroordele en koddighede.

Ek het al Harper se romans gelees en die vrou kan skryf. By die lees van Last One Out het dit my opgeval hoeveel tyd sy haarself gun om die milieu, atmosfeer en karakters in te kleur - miskien omdat ek deesdae soveel noirs en rillers lees, waar elke besonderheid betekenisvol is. Harper is soos die ou Russiese skrywers: Elke oomblik word ontgin en uitgespin. In die volgende aanhaling klim mense in 'n motor en ry weg. Ek sou dit in een sin beskryf - let wel, niks opspraakwekkends het daarvóór of daarna gebeur nie. Daar was nie 'n grusame tref-en-trap of iets dergeliks nie:

As Sylvie had begun switching off the lights they had all trickled out into the darkness of the car park, Della clicking the key fob to unlock the silver sedan with a subtle beep while Ro and Griff said their goodbyes. They'd climbed into Della's spotless car and she had reversed carefully, the wheels crunching against the gravel. She had turned the nose towards the exit, the headlights sweeping over Heather and Ann-Marie, who were talking together beside a truck Ro did not recognise. Their heads shot up in unison as the beams flashed over them, momentarily startled, their features harsh in the glare and their eyes wide. Ann-Marie blinked and squinted, raising a hand in farewell and then Heather did the same, their smiles grimace-like under the twin spotlights. Ro lifted her own hand in return, unsure if they could see her through the windscreen. She watched them as the headlights slid sideways and the two women disappeared once more into the gloom.

Della had not spoken as they'd pulled away and left the town behind, her hands at ten and two on the wheel, focused fully on the black night in front of her. From the passenger seat, Ro had leaned back against the headrest and looked over.

Neem ook kennis dat hierdie aanhaling in die past perfect is: Had begun ... ensovoorts. Dis omdat dit 'n herinnering van Ro is, 'n dag of wat nadat dit gebeur het. Soveel detail!

Rowena (Ro) Crowley woon in Sydney en keer elke jaar vir 'n paar dae terug na die dorp waar sy gewoon het toe sy getroud was en kinders grootgemaak het. Carallon is 'n klein dorpie met min inwoners. Dis besig om dood te bloei omdat daar 'n myn begin is wat lug en water besoedel en dag en nag dreun. Die myn het plasies en erwe opgekoop vir uitbreiding en oral staan leë huise. Die sakedeel, as jy dit so kan noem, is ook 'n spookdorp met toegeplankte vensters.

Vyf jaar gelede het Ro se enigste seun, Sam, op die middag van sy een-en-twintigste verjaarsdag verdwyn. Hy is nooit weer gesien nie. Die gesin - Ro, haar man Griff en dogter Della - het tevergeefs op hom gewag met sy verjaarsdagete.

Die tragedie het Ro en Griff uitmekaargeruk. Hulle manier van rou was te verskillend en hulle kon mekaar se reaksies nie verstaan nie. Griff het in 'n diepe depressie verval en kon skaars uit die bed opstaan. Ro het elke oomblik bly soek na haar seun, sy spoor gevolg op die internet, in sy notaboeke, op sy rekenaar. Toe die kliniek waar sy as arts werk, toemaak, het sy Sidney toe getrek. Della woon ook daar. Nou is hulle al drie weer vir 'n paar dae saam in die huis waar hulle gelukkig was, om Sam se dood te gedenk. Ro weliswaar in 'n tuinwoonstel. Sy hou aan soek.

Soms het die boek my laat dink aan Stieg Larson se lywige boeke: die mees minuskule leidrade word versamel en opgestapel om uiteindelik 'n prentjie te vorm. Daar is heelwat raaisels. Dit speel af oor omtrent vier dae, met gereelde terugflitse.

'n Mens raak so vertroud met die karakters deur verskillende stadia van hulle lewens dat dit voel asof jy daar was. Jy belê heelwat emosioneel en kan later nie jou oë wegskeur van die eindelose besonderhede nie.

Die einde is hoogs bevredigend en ek sal haar volgende boek ook lees. Dit is ietwat minder dawerend en betekenisvol as haar vorige boeke, maar dis 'n bevredigende riller.

Last One Out deur Jane Harper is deur Pan Macmillan uitgegee en kos R395 by Graffiti.

Never Lie deur Freida McFadden

Die kat is uit die sak: Freida McFadden is in werklikheid Sara Cohen, 'n dokter wat breinbeserings behandel. Sy werk nog net min of meer een dag per week in haar mediese beroep, omdat haar boeke sulke treffers is. En die vrou draai hulle uit, hoor, sommer 'n paar per jaar. Ek kan nie voorbly om almal te lees nie.

Sy het die genre van huishoudelike noir bemeester. Sy skep storielyne wat jou asem wegslaan, met komplekse, bose karakters en niksvermoedende slagoffers.

Met hierdie roman het ek gewonder of sy dalk 'n bietjie moet briek aandraai. Dis onteenseglik spannend, maar aan die einde het ek om die bos gelei gevoel. Die ontknoping was myns insiens 'n bietjie geforseerd. Die leser is deurgaans op 'n dwaalspoor gelei. Nou ja, ek weet dis 'n konvensie van die genre; die onbetroubare verteller. Die leser moet liefs alles met 'n knippie sout neem en nie haastige gevolgtrekkings maak nie. Niks is soos dit voorgee nie. Meer kan ek nie verklap nie.

Tricia en Ethan is pas getroud en gaan besigtig 'n huis, 'n absolute paleis in die platteland, met die oog om dit te koop. Hulle word toegesneeu in die huis en begin gou besef dat hulle miskien nie alleen is nie. Ethan is baie ingenome met die huis, maar Tricia weet sy sal nooit daar wil woon nie. Die vorige eienaar het spoorloos verdwyn. Al die meubels is onaangeraak.

Tricia ontdek 'n geheime kamer agter die boekrak in die studeerkamer en begin na die vorige eienaar, 'n terapeut, se kassetopnames van haar sessies met pasiënte luister. Sy vermoed groot onraad. Is Ethan regtig so perfek soos hy voorkom; enigeen se droomman?

Lees maar self.

Never Lie deur Freida McFadden is deur Poisoned Pen Press uitgegee en kos R266 by Graffiti.

Still I Rise

You may write me down in history
With your bitter, twisted lies,
You may trod me in the very dirt
But still, like dust, I'll rise.

Does my sassiness upset you?
Why are you beset with gloom?
’Cause I walk like I've got oil wells
Pumping in my living room.

Just like moons and like suns,
With the certainty of tides,
Just like hopes springing high,
Still I'll rise.

Did you want to see me broken?
Bowed head and lowered eyes?
Shoulders falling down like teardrops,
Weakened by my soulful cries?

Does my haughtiness offend you?
Don't you take it awful hard
’Cause I laugh like I've got gold mines
Diggin’ in my own backyard.

You may shoot me with your words,
You may cut me with your eyes,
You may kill me with your hatefulness,
But still, like air, I’ll rise.

Does my sexiness upset you?
Does it come as a surprise
That I dance like I've got diamonds
At the meeting of my thighs?

Out of the huts of history’s shame
I rise
Up from a past that’s rooted in pain
I rise
I'm a black ocean, leaping and wide,
Welling and swelling I bear in the tide.

Leaving behind nights of terror and fear
I rise
Into a daybreak that’s wondrously clear
I rise
Bringing the gifts that my ancestors gave,
I am the dream and the hope of the slave.
I rise
I rise
I rise.

Maya Angelou


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe