Verorberaars van siele

Foto deur Coronel G / Unsplash

Hoeveel weeg ’n siel? Duncan MacDougal, ’n geneesheer van Massachusetts, het hierdie vraag in 1907 probeer beantwoord. Hy het mense net voor en net ná hulle dood geweeg om te sien of iets vertrek het. Hy het bevind dat mense ná die dood 21 gram minder weeg. Dáár het die geloof ontstaan dat die siel 21 gram weeg. Dis maar min, hoor. So swaar soos ’n AA-battery, ’n Zippo-aansteker, agtien jelly beans.

MacDougal se resultaat is wyd bevraagteken, want natuurlik is die siel ’n geestelike konsep eerder as ’n fisieke entiteit, maar wie weet? Ek het al mense ná hulle dood gesien en dit was duidelik dat iets essensieels vertrek het. My ouma het gelyk soos die versaakte dop van ’n skaaldier wat vervel het. My broer het in ’n stoel gesit met sy kop agteroor, gesig na die plafon, asof hy sy verskietende siel agternakyk.

Hoe weet ’n mens of iemand ’n goeie mens was?

Die konsep van die weegskaal van geregtigheid is universeel. En die idee dat die siel gewig dra.

Die antieke Grieke het glo gestorwenes se siel geweeg om te besluit waar hulle heengaan. Ek onthou die prent in die kunsgeskiedenishandboek, uit die Egiptiese Boek van die Dooies, van ’n seremonie waar Annubis met die honnegesig iemand se hart teen ’n veer weeg. In die Onderwêreld. Harte wat swaarder as ’n veer weeg, is verwerp en opgeëet deur die Verorberaar van Siele, Ammit. Dammit. Waak dus teen ’n swaar hart. Hoop is die ding met vere wat in die siel hurk, het Emily Dickinson gesê.

Ek het weer gewonder oor die betekenis en waarde van een mens se lewe met die afsterwe van Pous Franciscus, Jorge Mario Bergoglio. Hy was die eerste pous uit die Jesuïtiese orde, en die eerste uit die Amerikas en die Suidelike halfrond. Hy was nederig en ontdaan van bombasme en seremonie. Die arme Papa wat so sielloos in ’n oop kis uitgestal is, was ’n menslike mens. Hy was lief vir arm mense, die tango en sokker. So gebalanseerd. Hy het nie gehuiwer om Israel aan te spreek oor hulle vergrype nie. Hy het Spartaans geleef en geen salaris van die Vatikaan aanvaar nie, want hy het ’n eed van armoede afgelê.

In hierdie stadium van my lewe waardeer ek menslikheid meer as godsdienstigheid.

Ek het ook begin nadink oor barmhartigheid toe ek ’n Kwêla-insetsel sien oor iemand wat beseerde voëls red en grootmaak. Al die voëls wat hy in sy lewe gered het, sou ’n reuseswerm kon vorm. ’n Wolk van getuies. Ek verstaan uit Genesis dat God die mens aangestel het as oppasser van die diere – ek wens dat kindjie groter was om al die diertjies op te pas. Maar mense het dit verkeerd verstaan. Hulle het verkies om te glo hulle is heersers oor diere, oneindig superieur. Dis die soort idiote wat foto’s op sosiale media plaas met ’n voet triomfantelik geplant op ’n neergevelde olifantbul of morsdood maanhaarleeu. Met mure vol gemonteerde, opgestopte dierekoppe met droewe glasoë. Hulle het nog nooit ’n dier ontmoet wat hulle nie wil doodmaak nie.

Die Bybel sê dat die mens meer werd is as twee mossies. Dit het die heilige Franciscus van Assissi en ander sekerlik verwar. Daaroor wonder ek ook deesdae, as ek na die nuus kyk. En die idee dat geen mossie na die grond toe val sonder ons Vader nie. Ek gaan eerder nie begin vra waar Vader was toe meisies soos die twee niggies van Odendaalsrus verkrag en vermoor is nie. Kom ons praat eerder oor Jesus.

Hom het ek lief omdat hy, soos die Pous, die armes, verskoppelinge, hoereerders, sondaars, owerspeliges, tollenaars, vrate en drinkebroers omhels het. En diere. Natuurlik is dit baie makliker om vir diere lief te wees as vir mense, mits jou hart net-net ligter as ’n veer is. As jy meer as ’n veer voel.

Dit was dan my preek vandag. Seën die mossies, die slange en selfs die duiwe vol koerasie met naels wat kirrr op die sinkdak.

Ek groet met ’n aanhaling uit Markus Zusak se boek Three Wild Dogs and the Truth, waar hy wonder oor die hiernamaals:

"If it’s true that our lives flash before our eyes at the moment we die, I’m sure my dogs will be in that light. More so, if they’re waiting on the other side? I’ll know I’m not in heaven, but a place just left or right of it – some purgatory of love and chaos – and to be honest, I won’t complain. I’ll crouch and clench my eyes. I’ll breathe and smell that smell.
I’ll grab those necks of fur."


Portrait of a dog

My teacher was holding a brush
but then I was holding a brush too —
we were standing together watching the canvas
out of the corners of which
a turbulent darkness surged; in the center
was ostensibly a portrait of a dog.
The dog had a kind of forced quality;
I could see that now. I have
never been much good with living things.
Brightness and darkness I do rather well with.
I was very young. Many things had happened
but nothing had happened
repeatedly, which makes a difference.
My teacher, who had spoken not a word, began to turn now
to the other students. Sorry as I felt for myself at that moment,
I felt sorrier for my teacher, who always wore the same clothes,
and had no life or no apparent life,
only a keen sense of what was alive on canvas.
With my free hand, I touched his shoulder.
Why, sir, I asked, have you no comment on the work before us?
I have been blind for many years, he said,
though when I could see I had a subtle and discerning eye,
of which, I believe, there is ample evidence in my own work.
This is why I give you assignments, he said,
and why I question all of you so scrupulously;
as to my current predicament: when I judge from a student’s
despair and anger he has become an artist,
then I speak. Tell me, he added,
what do you think of your work?
Not enough night, I answered. In the night I can see my own soul.
That is also my vision, he said.

—Louise Glück


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe