Stuyvesant-oomblikke

Soms is 'n mens gelukkig genoeg om 'n Stuyvesant-oomblik te beleef, selfs al is jy nie meer jonk en beeldskoon nie. Jy herken dit uit stokou advertensies.
Ja, toe ons klein was, het sigaretmaatskappye aggressief bemark. Hulle advertensies in die fliek (ons het dit bioskoop genoem) was die heel lieflikste. Hulle het 'n glanswêreld beloof waar lenige, blonde, bruingebrande mense met skitterwit tande en cool sonbrille rinkink op eilande en bote. Die see was deurskynend akwamaryn en die strande goud.

Drankadvertensies was ook epikuristies verleidelik en ek onthou vandag nog die uitkloplyne: You can stay as you are for the rest of your life, or you could change to Mainstay. Dit was 'n wit rum, die embleem 'n eiland met palmbome.
Tabak- en drankmaatskappye mag nie meer adverteer nie. Daardie soort dekadente, gesofistikeerde hedonisme beleef ons nou net in James Bond-flieks.

En soms val dit in jou skoot. Die afgelope drie weke was 'n sigaretadvertensiedroom. Vandag land ons in die koue, valerige Hoëveld en hervat weer die ritme van ons dae in Gauteng.
Ek wil my vriend Gielie channel en opgaan in die klein, gerusstellende oomblikke wat opstapel om 'n lewe te vorm.
Ek dink aan 'n aanhaling wat Pieter P. Fourie geplaas het:

Ek dink aan Kurt Vonnegut wat gesê het: "Give me less romantic love and more common decency."
Ek glo nie die twee sluit mekaar uit nie. Beleefdheid en bedagsaamheid is hoogs romanties, as jy my vra. Ek was al aan die ontvangkant van Edith se extravagant displays of passion, van buffels van beide geslagte wat my hartstogtelik verinneweer en konstant onseker gelaat het - verkleineer en angstig. Is dít romanties?
Liefde het ook vele gedaantes. Ek het lief geword vir my persoon se familie. Ek is diep dankbaar en vol bewondering vir haar broer en sy man, uitskieters wat in Engeland genoeg geld gemaak het vir ekstravagante gebare van vrygewigheid. Tasbare liefde.

Ek weet Greta Thunberg sal haar oë skreef en haar mond keep oor my slordige koolstofvoetspoor, om so te wil stralerjak en vaar op vreemde seë. Ek wens ek was 'n beter mens, roeiend op Greta se flotilla op pad om hulp te verleen in Gaza, maar dis duidelik dat ek 'n ligsinnige plesierdier is. Skud nog 'n martini! Soos my weldoener opgemerk het: Die lewer is kort.
Ek haat die uitdrukking "van lekker lag kom lekker huil". En tog: Met 'n kop vol drome, oorweldig en beskonke op skoonheid, het ek my laptop op die skip vergeet. Dit merk ek eers op die lughawe. Ons het dit aangemeld op hulle hulplyn, wat helaas in Florida is en nie direk met die skip praat nie. Ons kan ook nie direk met die skip praat nie. Die skip sal hulle per e-pos inlig as iets agtergebly het. Hulle waarsku dit sal meer as 'n week neem.
Ek is moedeloos en woedend vir myself. "Hoe kon ek my instrument vergeet?" wil ek weet. My geliefde antwoord: "Jy het nie jou instrument verloor nie." Sy tik teen my slaap: "Dis hier binne."
Nou dít, as jy my vra, is romanties.
Ek tik hierdie met my duime op my foon.
Liefde, Deborah


The Lake Isle of Innisfree
I will arise and go now, and go to Innisfree,
And a small cabin build there, of clay and wattles made;
Nine bean-rows will I have there, a hive for the honey-bee,
And live alone in the bee-loud glade.
And I shall have some peace there, for peace comes dropping slow,
Dropping from the veils of the morning to where the cricket sings;
There midnight’s all a glimmer, and noon a purple glow,
And evening full of the linnet’s wings.
I will arise and go now, for always night and day
I hear lake water lapping with low sounds by the shore;
While I stand on the roadway, or on the pavements grey,
I hear it in the deep heart’s core.