Vertroude vreemdheid
Vriende, medereisigers
Word jy ook van altyd af bloots gery deur déjà vu? Kleintyd, toe die meeste gewaarwordings en indrukke nog splinternuut was, het ek soms skielik besef: Hier wás ek al. In daardie huis agter die suurlemoenboom het ek gewoon. In ’n ander lewe. Deesdae, omdat my omgewing reeds