Ons wag op die kaptein

Ons wag op die kaptein
Uit 'n foto deur Emma Swoboda / Unsplash
ANGELA TUCK

Liewe vriende

Woensdagnag het ek al om die uur wakker geword en uiteindelik op die stippel van middernag gaan regop sit en gedink: Ons is nog hier. Die wêreld was grafstil, ek het geen hond, voël, geweerskoot of trok op die hoofweg gehoor nie. Daar was ’n verlate vreemdheid in die lug. Ons het dus agtergebly, het ek gedink.

Ek het nogal daardie aand voor slaaptyd vir my mens gesê: "Al kry ek dit nie reg om as Christen te leef nie, is ek tog lief vir Jesus." Ek het kale alie voor die waaier gelê en skielik gesê: "Miskien moet ek ten minste ’n broek aantrek." Waarop sy opmerk: “Aag, in die geharwar van die wegraping gaan niemand belangstel om na jou plekkie te kyk nie. “Snyf” noem Jaco Fouché dit in sy vreemde, ontstellende roman Die katartiese metode.

Here we go round the prickly pear at five o'clock in the morning.

Anders as vele spotters was ek nog met elke gerug van ’n wegraping onrustig. Dis hoe ek grootgeword het. Verward. My ouma, wat my mens was, het in afwagting op die wegraping geleef. Sy was ’n siener en meestal reg. Jesus het aan haar geopenbaar dat sy nie sal sterf nie, maar opgeraap gaan word saam met die regverdiges. In ’n oogwenk. Sy het my vertel dat daar nie vir my kans sal wees om groot te word nie – sy was al digby tagtig. Die Here sal ons voor daardie tyd kom haal, my kind. En indien ek (mag die hemele behoed) dalk agterbly, moet ek tog net nie die merk van die dier aanvaar nie; dan het ek ’n tweede kans. Sy het dit “die merk van die bees” genoem, want sy het graag na kassette van Amerikaanse tentpredikers geluister, al was sy NG.

My ma se mense is hoogs godsdienstig. Dit was al waaroor hulle ooit gestry het. Dit en politiek. Party het apostolies geword en dit was ’n teer punt. Ek is sterk herinner aan my oorlede oom toe ek Danie Botha in videoclips sien: Die amperse hansworsgesig met 'n soort droefheid, vroom en sedig, met rooierige knolneus wat, dit weet ons, nie aan drank toe te skryf is nie.

Hoe ernstig glo hulle, soos Chicken Little wat almal wou inlig dat die hemel gaan val. Besiel en onwrikbaar. My oom het soos ’n slaaf gewerk vir sy pastoor. Sy eie bakkie se bande was glad, maar hy het vir die herder se Merc nuwe bande gekoop. She bought a stone for Bessie Smith, she bought Bessie Smith a stone. She forgot she had not paid for her own. Só het Dory Previn gesing oor Janis Joplin wat vir die blues-legende 'n grafsteen gekoop het.

My oom was sjarmant en aantreklik toe hy jonk was, op ’n Clark Gable-manier. Later, die droewe vroomheid en snor soos Danie Botha. En die diepe, diepe oortuiging. Hy het eendag vir my ’n stoor gewys vol flesse wat sy vrou ingelê het. “Die tannie was fluks. As ons sou agterbly, sal ons kan eet regdeur die Groot Verdrukking.”

Dis 'n hartseer saak. Ek is jammer vir diegene wat hard geslaan word deur openbarings en genoop voel om soos Noag bespot te word. Want op hulle skouers druk die verantwoordelikheid om ’n sondige wêreld te waarsku dat die einde naby is. Diegene wat hulle geloofwaardigheid op die spel plaas in gehoorsaamheid aan ’n visioen waarin hulle vuriglik glo. Chiliaste, alarmiste, doemprofete, sieners, seepkispredikers en apologete van die apokalips.

Die animasiefliek Chicken Little is gebaseer op ’n volksverhaal oor Henny Penny. Sy het nog so in die erf gepik-pik toe ’n akker op haar kop val. Sy het daarna vas geglo die hemel gaan val en dat sy almal moet gaan waarsku. ’n Hele skare diere het haar begin volg op pad om die koning te gaan vertel. Hoe eindig die storie? Daar is verskillende eindes, maar die bekendste is dat Jakkals die diere na sy lêplek nooi en hulle almal opvreet.

In die Bybel het Jesus se dissipels, toe apostels, reeds vas geglo sy wederkoms sal nog in hulle leeftyd gebeur. Dis ’n universeel menslike geloof: die aanname dat jou leeftyd spesialer en erger, meer skouspelagtig en onmoontliker is al dié van al die generasies voor jou. Klimakties. Nee, hoor. Almal se lewe was nog altyd net-net buite beheer, en soms totaal en al onleefbaar.

Ons kan nie eens die konsep van tyd kleinkry nie. Hierdie jaar was so vreemd en vervreemdend dat ek nogmaals gedink het: Miskien is dit hierdie keer die einde. Dís dan waarop alles uitgeloop het. Ek het amper oud geword op hierdie aarde. En ek het die teenswoordige wêreld liefgekry.

Ek is afvallig - selfs die woord "Christen" het vir my verdag geword - maar ek is geen ateïs nie. Ek kan nie help om te glo nie, in alles onder die son. En hier sit ek weer voor my toetsbord en weeg aan woorde. Gaan my nie verby, o Heer.

Môre plant ek 'n boom, Ouma.

Liefde
Deborah


The hollow men

 I

We are the hollow men 
We are the stuffed men 
Leaning together
Headpiece filled with straw. Alas!
Our dried voices, when 
We whisper together 
Are quiet and meaningless
As wind in dry grass 
Or rats’ feet over broken glass
In our dry cellar

Shape without form, shade without colour. 
Paralysed force, gesture without motion;

Those who have crossed
With direct eyes, to death’s other Kingdom
Remember us—if at all—not as lost 
Violent souls, but only 
As the hollow men 

                              II

Eyes I dare not meet in dreams 
In death’s dream kingdom 
These do not appear:
There, the eyes are 
Sunlight on a broken column 
There, is a tree swinging
And voices are 
In the wind’s singing 
More distant and more solemn 
Than a fading star.

Let me be no nearer 
In death’s dream kingdom 
Let me also wear
Such deliberate disguises
Rat’s coat, crowskin, crossed staves
In a field
Behaving as the wind behaves 
No nearer—

Not that final meeting 
In the twilight kingdom

                              III

This is the dead land
This is cactus land
Here the stone images
Are raised, here they receive
The supplication of a dead man’s hand
Under the twinkle of a fading star.

Is it like this
In death’s other kingdom
Waking alone
At the hour when we are 
Trembling with tenderness 
Lips that would kiss
Form prayers to broken stone.

                              IV

The eyes are not here 
There are no eyes here 
In this valley of dying stars 
In this hollow valley
This broken jaw of our lost kingdoms

In this last of meeting places 
We grope together 
And avoid speech
Gathered on this beach of the tumid river

Sightless, unless 
The eyes reappear 
As the perpetual star
Multifoliate rose 
Of death’s twilight kingdom 
The hope only 
Of empty men.

                              V

Here we go round the prickly pear 
Prickly pear prickly pear 
Here we go round the prickly pear 
At five o’clock in the morning.

Between the idea 
And the reality 
Between the motion 
And the act 
Falls the Shadow

                                  For Thine is the Kingdom

Between the conception 
And the creation
Between the emotion 
And the response 
Falls the Shadow

                                  Life is very long

Between the desire 
And the spasm 
Between the potency 
And the existence 
Between the essence 
And the descent 
Falls the Shadow

                                  For Thine is the Kingdom

For Thine is 
Life is
For Thine is the

This is the way the world ends 
This is the way the world ends 
This is the way the world ends 
Not with a bang but a whimper.

T.S. Eliot


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe