Fragmente vir die reisiger
Lees die artikel in Engels hier.
Boeke wat 'n mens op reis lees, veral tydens 'n opwindende seevaart, word broksgewys ingeneem en fragmentaries onthou. Daar is eenvoudig te veel afleidings. Samehang bly jou ontwyk. Jy onthou momente eerder as storielyn.
So was dit met my en Entitlement deur Rumaan Alam - hoeka nie 'n storie met 'n sterk storielyn nie. Dis karaktergedrewe. Die hoofkarakter, Brooke, is 'n jongerige swart vrou in New York. Sy begin werk by 'n stigting wat moet besluit hoe en waar 'n miljardêr se geld weggegee gaan word. Sy vind aanklank by die weldoener, in sy tagtigs.
Die nuutgevonde nabyheid van matelose geld en weelde maak haar lighoofdig; dis opwindend. Sy sien hoe die een persent heelbo aan die welgesteldheidspiramide leef. Natuurlik maak dit haar begerig, laat dit haar voel asof sy daarop geregtig is. Entitled.
Dis 'n soort morele sprokie wat die leser ongemaklik en onthuts laat. Dit herinner aan Jonathan Franzen se romans. Dit laat jou nadink oor gierigheid en ambisie en al die minder mooi aspekte van menswees. Hoe behou 'n mens jou morele kompas in die aangesig van ongekende weelde en met onpeberkte toegang tot diep sakke? Dis ironies dat ek dit gelees het terwyl ek skouers skuur met internasionale sonaanbidders en stralerjakkers.
Soos een van my gunstelingskrywers, Louise Erdrich op die omslag opmerk: "Should come with an undertow warning ... I was pulled under."
Entitlement deur Rumaan Alam is deur Bloomsbury Publishing PLC uitgegee en kos R435 by Exclusive Books.

Tilt het ek op 'n vliegtuig gelees, min of meer in een sitting. Dit het my aangegryp en gefassineer - die soort boek waarvoor ek lief is. Dis moeilik om te glo dat dit 'n debuutwerk is. Dis liries, digterlik, snaaks en stem tot diep nadenke.
Annie is in die laaste termyn van haar swangerskap. Sy gaan uiteindelik Ikea toe om 'n babawiegie te koop. Toe sy in die winkel is, gebeur 'n massiewe aardbewing. Dit is nie uitsonderlik in Portland, waar die boek afspeel nie. Haar handsak is begrawe onder die rommel en sy is sonder haar selfoon en motorsleutels. Hoogswanger durf sy die pad te voet aan na die restaurant waar haar man werk, gelukkig nie in die deel van die stad wat onder puin gelê is nie. Haar man is 'n sukkelende akteur wat genooi is om vir 'n oudisie te gaan op die dag van die aardbewing, maar gelukkig het Annie hom oortuig om eerder te gaan werk omdat hulle die geld nodig het. Of het sy?
Annie se droom was om dramaturg te word, maar sy werk as rekenmeester want min van ons kan ons drome bekostig.
Langs die pad aanskou sy afgryslikhede sowel as menslikheid. Sy verwyl die tyd deur met haar ongebore baba te gesels. Sy vertel hom van sy pa, hoe hulle ontmoet het, oor hulle lewe en oor haarself. Sy noem hom Bean:
You will not be like me, little kidney Bean. You will not chain yourself to a dream so big, so heavy, that you will spend years hauling it behind you, falling further and further behind until you try to let it go and realize you can't. The chains are gone; they've been gone for years. You are the chain.
En:
My first memory of your father goes like this: He's onstage, and he turns to the lead actress, Heather, and holds out his script and says: 'How do you say this word?' And she says scrumptious and he says scrumchiss and she says no scrumptousss. And he says, 'Okay, got is, scrumchiss.' And I just think, 'Who cast this idiot?'
Wanneer sy uiteindelik by die restaurant waar hy werk aankom, is hy nie daar nie. Hy het sy skof uitgeruil om die oudisie by te woon, sonder om haar te sê. Die lokaal waar die oudisie plaasgevind het, is in die deel wat die swaarste getref is. Die brûe het ingegee. Daar is net een brug wat redelik verwoes is, maar nog hang. Daarop begewe sy haar, hoogswanger, gedaan en met stukkende blase op haar voete. Het hy dit gemaak? Hulle het hoeka nog die vorige nag baklei omdat hy nie, soos sy, bereid is om van sy droom afstand te doen nie.
Dis 'n hellevaart, 'n nagmerrie. Ek kon nie my oë losskeur van die bladsye nie. Ek beveel dit hoog aan. Ek gaan Emma Pattee se loopbaan met belangstelling dophou.
Tilt deur Emma Pattee is deur HarperCollins uitgegee en kos R594 by Amazon SA.

Nog 'n boek wat onderweg wel die aandag van my oë behou het, is 'n handige klein reisgenoot, Inside the Mind of Ted Bundy deur Tanya Farber en Jeremy Daniel. Dit bly fassinerend om te lees oor die treinramp-kinderjare van versteurde siele. Natuurlik hou Huisgenoot ons altyd op hoogte van monsters en afwykings, maar 'n mens vergeet so gou.
Ted was nogal aantreklik en sjarmant en toe jong vroue in die 1970's begin verdwyn het, het niemand hom verdink nie. In hierdie boekie word hy nie verglans nie, maar die leser kry 'n kykie in sy donker psige. Die feit dat sy verhoor uitgesaai is, het sy narsisme nog meer aangewakker en was die begin van 'n trend: koelbloedige moordenaars se versugting na die kollig.
Farber en Daniel is misdaadskrywers wat weet hoe om die spanning te laat opbou, met hoofstukopskrifte soos The Noose Tightens.
Inside the Mind of Ted Bundy deur Tanya Farber en Jeremy Daniel is deur Gemini Gift Books uitgegee en kos R370 by Amazon SA.

Nou is ek weer tuis en takel stapels boeke met groot geesdrif. Hou hierdie ruimte dop.

The Earthquake She Slept Through
She slept through the earthquake in Spain.
The day after was full of dead things. Well, not full but a few.
Coming in the front door, she felt the crunch of a carapace
under her foot. In the bathroom, a large cockroach
rested on its back at the edge of the marble surround; the dead
antennae announced the future by pointing to the silver eye
that would later gulp the water she washed her face with.
Who wouldn't have wished for the quick return
of last night's sleep? The idea, she knew, was to remain awake
and while walking through the day's gray fog, trick the vaporous
into acting like something concrete: a wisp of cigarette smoke,
for instance, could become a one-inch Lego building
seen in the window of a bus blocking the street.
People sometimes think of themselves as a picture that matches
an invented longing: a toy forest, a defaced cricket, the more
or less precious lotus. The night before the quake, she took a train
to see a comic opera with an unlikely plot. She noticed a man
in a tan coat and necktie who looked a lot like Kafka.
The day after, she called a friend to complain about the bugs.
From a distant city—his voice low and slightly plaintive—he said,
Aren't you well? Is there anything you want?
Mary Jo Bang