Engele en Angela

Engele en Angela
Kunswerk: ANGELA TUCK

Liewe vriende

Hierdie winter klou met wit kneukels vas, met los reënbuie en vloermoere. Ek glo ek slaap meer as wat ek dink, want droomreste dryf in my onderbewussyn soos skuim wat smelt in koffie. Laat ek dadelik verklaar: Ek hou van flat white én cappucino. In die huis van boeke is daar baie wonings. Niemand moet hulle asseblief opstêrs hou nie.

Ek swem deur die dae en dikwels voel dit na borsslag. Soms voel dit asof asemhaling nie onwillekeurig is nie. Die gewone dinge - hare kam, tande borsel, oggendkoffie maak - is 'n behoud. Dit laat my onthou hoe om 'n mens te wees.

Ingebore nuuskierigheid lanseer my deur die dae. In die haarkapper is my ore, soos oral, op steeltjies. Ek hoor 'n vrou vir haar knipper sê: "Ek is alreeds so bles." Ek loer vinnig en nee, sy het 'n kop vol golwende lokke. Dan gaan sy voort: "Party vrouens kan glád nie borsvoed nie." En my brein konnekteer die kolletjies en verbeel die begin van die gesprek: Sy het gesukkel met borsvoeding en kon nie lank daarmee aanhou nie. Maar, sy is steeds blesSED, want nie almal kan borsvoed nie, nie eens vir 'n paar maande nie. Aha, dan kan ek ontspan en verder dagdroom.

Terwyl dit saggies reën en my vertroostende pot hoendersop vergeefs op die stoofplaat prut, huil 'n vriendin in ons sitkamer oor haar persoon wat dood is. Hy is nog 'n slagoffer van die winter van '25. Sy het geen eetlus nie. Haar krulhare staan orent soos 'n slordige stralekrans. Haar klavierhande teken oomblikke in die lug. 'n Mens weet nie hoe om te troos nie. Ons praat oor herinneringe. As iemand wegval, hoor jy soveel woorde van mense. Meestal is dit leeg en sonder gewig, want wat is daar nou eintlik om te sê? Sommige maak sin, soos van Elmi, my gratis proefleser: "Die oorsaak van die pyn is verlies, maar die pyn is liefde."

Ek haal weer vir Ocean Vuong, my smartprofeet, my dooddoula aan:

Because to remember is to fill the present with the past, which meant that the cost of remembering anything, anything at all, is life itself.

Weetgierigheid is wat my een voet voor die ander laat sit. Terwyl ons nog vir eers hier agterbly, moet ons leer. Soos ons sustertjie wat nou in 'n ander wentelbaan is, is ek 'n vraat vir natuurfeite. Daar is soveel wat ons nie weet nie. Daar is 'n insek wat lyk soos 'n speelding van wol, vere en rubber. Daar is 'n seekat wat in die donker in vrieskoue haarself óm haar eiers vou en vir vier jaar nie beweeg nie, nie jag nie, nie eet nie. Haar vel word dof. Sy word swak. Maar sy bly leef tot die eiers - wat bitter stadig ontwikkel in sulke koue water - ten volle gevormde seekatjies is. Sy leef nie om hulle te sien wegswem nie.

Die Passionvine Hopper en Muusoctopus Robustus

Dikwels dink ek ook: Daar is soveel wonderlike mense op aarde oor. Vier iemand terwyl hulle hier is. In my sestigs maak ek onverwags 'n hele paar nuwe vriende. Een van die onvergeetlikstes is Angela Tuck. Max du Preez is met haar getroud en sy is die appel van sy oog. Sy is Engelssprekend, het in die Heilsleër grootgeword en vloek soos 'n matoos - fuckety fuck fuck fuck is een van haar makker uitdrukkings. Sy het 'n hart vir die vertraptes en 'n vlymskerp tong. Sy word vinnig kwaad, is snaaks en lojaal tot die dood. Sy kan toor met woorde sowel as beelde.

Nuwe VWB-vriende.

Kyk hieronder. Gaan na haar webwerf en bestel haar kuns - dit verken ons versteurde nasionale psige en laat jou met nuwe oë na ons omwêreld kyk.

Liefde
Deborah

EXCLUSIVE LAUNCH to subscribers of DeborahWoorde only


Welcome to hellotuck.com – home of all things art and design by Angela Tuck. Here, you can buy artwork that tells the South African story in a unique way.

Remembering Vrye Weekblad III

Browse fifty-one artworks that appeared in VWB (2023-2025) from the iconic dink vir jouself /think for yourself posters to others from selective stories. Zuma, CR, JohnBoy, Vlad, Juju and Helen are there (for better or worse), and other artworks speak to the war on Gaza, the KZN riots, Wilgenhof and some lighter topics too … with more to come. Buy one or many to make a gallery wall to honour Vrye Weekblad.

Collectible Card Packs

These Card Packs each contain Eight Art Cards packaged in a branded box on themes that reflect the soul of South Africans. Each card is A5 (210 x 148 mm) and printed on 300 gsm Munken Pure quality stock. The packaging is bespoke, obvs, and travel-hardy. Frame or even stick on your fridge, above your desk or on the front of your notebook.

Hello Joburg – Add some glam to your City of Gold with this pack. A stunning gift for any Joburg-lover and especially for Boetie fleeing the "white genocide".

Free Palestine – Put your cards on the table (and wall) and stand in solidarity with Palestine. Frame as a group or if you want a bigger option, buy these artworks as single A3 or A1 posters. There are discounts for buying all eight.

Black by Popular Demand – This pack in vibrant colour and pattern is a fabulous gift (even if you give one away and keep the other seven for yourself).

And there’s more

Browse hellotuck.com to view all the other options such as posters on fighting gender-based violence, celebrating the SA Constitution and mocking those who are still drinking the koolaid. But don’t miss out on the collectable signed and numbered Limited Edition Artworks: My eyes are blind I cannot see / 2025 and My name is Sarah Baartman /
2025.

I am so proud to launch this site on DeborahWoorde, the creator of which is my most loyal, funny, clever, sensitive, booky, strange friend.

Thank you for your support. Please tell your friends and especially your enemies.

Vorentoe,
Angela


0:00
/0:48

Eunice Basson lees haar gedig "Vinjet" uit Merang voor.


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe