Droomwoud en towerfee

Liewe vriende
Almal hou van gratis gunsies, byvoordele, pasellas, bonusse, geskenke. Dis die seisoen om te gee. En ontvang. En skielik is die lug vol blinkers en lint.
Toe ek jonger was, was ek vriende met 'n ou en 'n meisie wat in Kaapstad 'n woonstel gedeel het. Hulle was jonk en arm, maar mooi en blink. Die manier waarop hulle aan die lewe gebly het, was om ongenooid by glansgeleenthede op te daag. Hulle arriveer eenvoudig, stylvol uitgevat, sexy en met stralende glimlagte. By boekbekendstellings, teateropeningsaande, wynproesessies, promosies, selfs bruilofte en blink huispartytjies. Oral was hulle welkom. Nooit is hulle teenwoordigheid bevraagteken nie, want hulle het gelyk soos glansganse wat tuishoort. Dikwels het hulle ook goodie bags en freebies gekry, dan was die yskas vir 'n week vol vonkelwyn en kaas. Natuurlik benodig 'n mens selfvertoue en 'n gladde mond. En skoonheid.
Ek het aan die rand van joernalistiek rondgewoeker, maar meestal as vryskut en sonder byvoordele. Ek het boekbekendstellings en teaterfunksies bygewoon, maar die spyseniering was gewoonlik vleishappies wat ek nie eet nie en bakpoeierbommetjies soos vetkoekies en pasteitjies wat nie met my akkordeer nie.
Ek was was op een wonderlike ekskursie, voordat koerante hul gat gesien het. Die Burger het dit goedgedink om my Durban toe te stuur vir Week van die Digter. Vliegkaartjies, gehuurde motor, hotelkamer. Ek het soos 'n papparazza gevoel. Daar was ook 'n toelaag vir kos en drank. Ek het elke aand soesji geëet. Ek het daagliks 'n berig gestuur oor die dag se bedrywighede. Ek het vir Breyten Breytenbach ontmoet en skouers geskuur met legendes. Die barmhartige Ingrid Winterbach het uitgeroep: "Is JY Deborah Steinmair?" Dit terwyl ek nog nêrens anders as op LitNet gepubliseer het nie.
'n Rukkie gelede land 'n uitnodiging na 'n boekbekendstelling in my inboks. Ek spoedlees dit; onbekende skrywer, in die aand, naby Krugersdorp, en besluit om dit oor te slaan. Gelukkig stuur een van die goeie feë van die boekewêreld, Helen Holyoake, vir my nog 'n e-pos en wys daarop dat hierdie 'n eksklusiewe glansgeleentheid is. Dit sluit een nag in 'n befaamde hotel in die Wieg van die Mensdom in, 'n 11-gang maaltyd gepaard met wyn, 'n vertoning en 'n ontbyt in die veld. Nou ja, maats, toe aanvaar ek maar die uitnodiging.
Een van die redes waarom ek so 'n toegewyde leser en teaterliefhebber is, is omdat een ding vir my natuurlik kom: Dis iets wat die Engelse noem the willing suspension of disbelief. Ek glo alles onder die son. As jy die moeite doen om vir my 'n sprokie op te dis, eet ek dit vir soetkoek op. Plekke soos Montecasino met sy nagemaakte Italiaanse strate en wolkehemel teen die plafon betower my. Moenie terughou met spesiale effekte nie. Ek hou van blinkers, rookmasjiene en gekleurde ligte.
Donderdagaand was só 'n sprokie. Karina Marais, skrywer van die memoir Upstairs Downstairs wat in Januarie vrygestel word, is mede-eienaar van die hotel Forum Homini. Sy en haar man Hendrik het dit opgedroom en bedryf dit al twintig jaar. Haar memoir vertel hoe sy haar drome uitgeleef het en oor hulle onkonvensionele verhouding. Hulle beoefen LAT (Leef Apart Tesame). Hy op die eerste verdieping en sy op grondvlak. Trappe verbind hulle, maar niemand daag onaangemeld op nie. Hulle het afsprake vir koffie en etes. Hy het spesiaal vir haar bekendstelling 'n wonderwoud opgerig en 'n nuwe konseprestaurant gebou, Dare2Dream Dome, wat lyk soos 'n seepbel in Dubai.

Om haar memoir te laat uitstaan – sy noem dit die pers koei-effek – het sy dit met musiek en kos gekombineer. Sy kan nie sing of 'n instrument bespeel nie, maar het lirieke geskryf en vir KI gevra om dit te toonset in 'n spesifieke styl EN 'n stem daarvoor te verskaf, sodat kopiereg nie 'n probleem is nie. Die songs is dromerig. Tussendeur vertel sy grepe uit haar lewe en praat oor die kos wat ons eet. Sy is sakevrou, entrepreneur en opvoeder. Sy is 'n gebore raconteur met 'n sin vir die dramatiese en vir humor. Die kos is onbeskryflik besonders: Sneeukrap met mieliebrood, preie wat gerangskik is om 'n Pierneef-skildery te vorm, soesji, macarons, kaviaar, pers pere en vele meer.

Ek plaas heelwat foto's sodat jy die stemming kan aanvoel en die onwerklikheid beleef. Dit het sag gereën in die wonderwoud vol gekleurde ligte, maar elke gas is met 'n reënjas en sambreel toegerus.
Oor haar boek sal ek op my blog skryf, want as iemand soveel moeite doen en so gulhartig en verbeeldingryk is, lees ek graag haar lewensverhaal.
Ek en my mens het deurentyd gevoel asof ons droom. Ek het gedink aan iets wat Jeanne Goosen vertel het: Sy het as joernalis 'n onderhoud gevoer met iemand van Danville wat vertel het van die beste dag in sy lewe. Hy het gesê: "Ek het nooit gedink 'n Van Rooyen kan so gelukkig wees nie."

Karina Marais is 'n inspirasie, daarvan kan ek getuig voor ek nog haar boek gelees het. Sy glo in die krag van drome. Sy skep skoonheid waar sy gaan. Vriende, hierdie jaar was lank en veeleisend. Laat ons droom en woeker. Strooi blinkers en weef sprokies, want ons stap net een maal deur hierdie woud.
As hierdie brief te pers is na jou smaak, knyp maar een oog toe.

Liefde
Deborah

The Stolen Child (weer)
Where dips the rocky highland
Of Sleuth Wood in the lake,
There lies a leafy island
Where flapping herons wake
The drowsy water rats;
There we've hid our faery vats,
Full of berrys
And of reddest stolen cherries.
Come away, O human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than you can understand.
Where the wave of moonlight glosses
The dim gray sands with light,
Far off by furthest Rosses
We foot it all the night,
Weaving olden dances
Mingling hands and mingling glances
Till the moon has taken flight;
To and fro we leap
And chase the frothy bubbles,
While the world is full of troubles
And anxious in its sleep.
Come away, O human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than you can understand.
Where the wandering water gushes
From the hills above Glen-Car,
In pools among the rushes
That scarce could bathe a star,
We seek for slumbering trout
And whispering in their ears
Give them unquiet dreams;
Leaning softly out
From ferns that drop their tears
Over the young streams.
Come away, O human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than you can understand.
Away with us he's going,
The solemn-eyed:
He'll hear no more the lowing
Of the calves on the warm hillside
Or the kettle on the hob
Sing peace into his breast,
Or see the brown mice bob
Round and round the oatmeal chest.
For he comes, the human child,
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the world's more full of weeping than he can understand.
W.B. Yeats