Droomtelling

Read the review in English here.
Chimamanda Ngozi Adichie is Nigeriaans-Amerikaans en het tien bekroonde en hoog aangeskrewe boeke geskryf. Purple Hibiscus het die Commonwealth Writer's Prize gewen, Half of a Yellow Sun en Americanah is ook bekroon.
Ek het Dream Count gelees. Dis onsin dat skrywers moet wys en nie vertel nie. As jy begaafd genoeg is, wýs jou woorde. Hierdie roman is vertellings en dit trek die leser pens en pootjies in.
Vier Nigeriese vroue, twee van hulle in Nigerië en twee in Amerika, is om die beurt aan die woord. Hulle vertel van hulle ervarings met mans. Met die uitsondering van Kadiatou, wat 'n huishulp is, is hulle swart prinsesse; ryk en bevoorreg.
Chiamaka is 'n reisskrywer, maar sy skryf nie oor afgeleë, primitiewe plekke nie. Sy skryf oor weelderige bestemmings en luukse hotelle. Haar pa is 'n skatryk sakeman en sy hoef glad nie te werk nie. Sy kry huise, woonstelle, motors present. Sy is in haar veertigs en ongetroud. Sy is beeldskoon en daar was baie huweliksaansoeke, maar sy het 'n romantiese siel en smag na 'n groot en volmaakte liefde, wat natuurlik so algemeen soos eenhorings is.
Dis 'n roman oor liefde. Wat is liefde en kan dit duur? Chia hou van donker, suksesvolle mans wat haar op die hande dra. Maar weldra is daar iets wat haar pla. Haar groot liefde was 'n totale swernoot: Darnell, 'n professor in kunsgeskiedenis. Hy was altyd kwaad en grimmig, het gespot met haar bevoorregting maar die vrugte daarvan geniet. 'n Arrogante, selftevrede voordoener. Dit vertel Adichie nie vir jou nie, sy wys dit uit voorvalle. Chia het hom tot in die aarde bederf en gesmag na sy goedkeuring. Miskien was dit die geheim: Sy emosionele onbereikbaarheid het haar op haar tone gehou. Hulle verhouding het op die rotse beland toe sy in Parys voor sy ewe pretensieuse vriende in 'n deftige restaurant 'n mimosa bestel, tot sy verleentheid en argwaan.
Daar is heelwat kandidate ná Darnell, soos die wit Engelsman en die Sweedse Nazi. Maar Chia se vryheid is vir haar te belangrik, en haar onmoontlike ideale.

Chia se beste vriendin, Zikora, is 'n suksesvolle regsgeleerde wie se grootste wens is om die liefde van haar lewe te ontmoet, te trou en kinders te kry. Haar tyd loop uit. Sy ontmoet Meneer Perfek, maar natuurlik het hulle verhouding nie 'n gelukkige einde nie en sy sukkel om die teleurstelling te verwerk.
Chia se vreeslose niggie, Omelogor, het skatryk geword in die bankwese in Nigerië. Ongelukkig is dit 'n nes van korrupsie en moes sy leer om die spel te speel. Sy verduidelik aan iemand:
Look, you have to understand that lying and deceiving are not moral issues in everyday life here, they are just tools, survival tools. Compunction is not even an option, because you would need to think of these issues first as moral. And many of our people just don't.
En:
Money is at the heart of everything, absolutely everything. We don't admire principle or purpose. Even people who can afford to take ideas and ideals seriously don't. We don't live with grandeur.
Sy het die beroepsleer geklim in 'n omgewing wat deur mans oorheers word. Haar direkteur staan groot lenings toe aan regeringsamptenare; lenings wat nooit terugbetaal word nie. Aan homself ook. Omelogor se woorde aan hom: Kom ek help jou om dit beter weg te steek.
Sy word diep getref deur die verhaal van 'n ou man wat vir elf maande nie sy staatspensioen ontvang het nie. Hy moes oor en oor bewys dat hy nog lewe. So is hy in die fel son dood terwyl hy een oggend wag om te wys dat hy nog leef. Daar was geen geld in die pensioenfonds nie, dis gesteel.
Omelogor word 'n soort Robin Hood wat uiters slim en subtiel steel uit groot rekenings en die geld in kontant aan vroue gee wat kos langs die pad verkoop of 'n klein besigheid wil begin. Hulle is amper voor die voet suksesvol.
Daarna gaan studeer sy pornografie in Amerika om die industrie te ontbloot. Sy het 'n blog waar sy mans aanspreek en probeer help om beter mense te wees terwyl sy dit duidelik maak dat sy aan hulle kant is. Sy keer gebroke terug Nigerië toe, heeltemal ontnugter deur Amerika.
Chia se huishulp, Kadiatou, is 'n vrou wat uit Nigerië kom, maar 'n ander streek. Sy het arm grootgeword. Sy het 'n vlugtelingvisa gekry omdat sy vroulik besny (gemutlieer) is. Sy werk in 'n hotel en vir Chia. Op 'n dag word sy in die hotel oorval deur 'n invloedryke gas met 'n internasionale profiel, 'n sekspes wat altyd daarmee wegkom. Die hotel maak 'n saak, maar sal sy, 'n arm vlugteling, geregtigheid kry, in 'n wêreld wat draai om mans, geld en mag? En wat beskou sy as geregtigheid?
Dis 'n boek wat jou laat nadink. Op die oog af is die vroue amper oppervlakkig, met hulle obsessies met pruike, haarverlengings, vals wimpers, naels, skoene, handsakke en sosiale media, hulle amper Jane Austin-agtige versugting na 'n gelukkige huwelik. Maar hulle is gekompliseerd en multi-dimensioneel. Elk oorleef grendeltyd op haar eie manier.
Dis 'n sterk feministiese roman wat kwantumfisika-vrae vra soos:
In the final days of lockdown, I lay in bed thinking of all the things I left unsaid throughout the years, and all my futures that never were. Why do we remember what we remember? Which reels from our past assert their vivid selves and which remain dim, just out of reach? I remembered some fleeting encounters so clearly that I wondered if the remembering itself was significant.
Ek beveel dit hoog aan. Daar is 'n oorrompelende, astrante eerlikheid en vibrante onstuimigheid aan Afrika-romans, en kos speel 'n groot rol. Nigeriese disse laat my mond water.
Dream Count deur Chimamanda Ngozi Adichie is deur HarperCollins uitgegee en kos R425 by Exclusive Books.

This God Called Woman
I have woman beaten onto my back
female sewn into my skin
weakness embroidered into the thing
that makes me me
I have strength for years that
make your tongue wag
when it comes to spilling my pride and pains
I survive through it all rising above
the things that call me soft
you call me rib but I am the mother of nations
the womb that give things air
you say men before me
like my womb didn’t seed their bloom
I am woman
besides God
I make all.
Adeyele Adeniran