Boeke #3: Die dierbaarheid van brakke

Natuurlik bewonder ek Markus Zusak sedert The Book Thief. Met Bridges of Clay het ek kleigetrap, maar sy jongste boek, niefiksie, is ’n voltreffer.

Soos die meeste mense lees ek graag oor honde. Zusak is ’n gebore storieverteller soos John Irving, met ’n deernisvolle stem. Hy plaas homself in die storie, maar nooit as held nie. Three Wild Dogs And the Truth gaan oor drie honde (en twee katte) wat deel van sy gesin se lewe was.

Soos mense met sagte harte is hy aangetrokke tot probleemdiere waarvoor niemand anders kans sien nie. Die drie honde waaroor hy skryf, was wild en onvoorspelbaar en boonop so groot soos perde, van ondefinieerbare afkoms.

Reuben se voorkoms was vreesaanjaend, met iets van ’n wolfhond en ’n hiëna, in verskillende skakerings van bruin en swart, met woeste hare en tande. Zusak noem hom “at least eight different dogs, I reckon – all of them cranky.” Archer was mooi soos ’n filmster: lang, slanke bene, goudblonde hare, lieflike spits snoet, vermoedelik met windhond- en Labrador-bloed, onder andere. ’n Vriend van hom – hulle woon in Australië – het Archer The Gay Dingo genoem. Frosty, die laaste een, is glo erg onfotogenies; ook groot en wit met ’n uitgerafelde pels wat sonder ophou hare afgooi. Hulle was al drie ongetemde jagters en straatbakleiers. Hulle het hom heelwat geld gekos en sy lewe geruïneer, op die beste manier.

Reuben het eendag in 'n park sy voete onder hom uit gehardloop sodat hy uit soos ’n kers was en ’n ligament in sy knie geskeur het waarvoor hy later geopereer moes word. Vir Frosty het hy eendag op straat plat op die grond met die vuis bygedam, herhaaldelik, terwyl hy kreun: Jy. Doen. Dit. NOOIT. Weer. Aan. My. Nie – omdat Frosty die gewoonte gehad het om sy knieknoppe te tref en sy bene onder hom uit te slaan, van baldadigheid.

Hy vertel so roerend oor die skirminkels:

"I knew exactly why Reuben was in the house, and in the kitchen, and in my life:"

💡
That dog was born for stories. For love and projects of mayhem. And more in the world to come.

Sien jy hoe eenvoudig en lieflik skryf hy? En: “Even motionless, he was worth looking at. His legs would often remind me of things, but mostly of firewood or kindling. He was a dog of bark and branches.”

Die honne is onvergeetlike karakters en hy teken hulle met heelwat eerbied, ontdaan van mooiskrywery, maar digterlik:

💡
Gangsters, gunmen. Soldiers. They lived and frightened together. Essentially a two-dog mafia. Their intimidation became quite legendary, but there were maps to hearts of gold. Reuben was a godless philistine, but capable of giant love. Archer was really quite elegant – he could be the perfect gentleman. Given the appropriate circumstances.

Hy skryf onchronologies en met heelwat hart, weerloos, oor sy liefde vir die probleemhonde. Soos dit maar gaan met geheue, is dit die krisisse wat hy onthou: toe hulle die klavierjuffrou aangeval en gebyt het, toe hulle die gesin se kat vermoor het. Hulle het ’n skrikbewind in die buurt gevoer en hy was alewig aan die beur aan leirieme, besig om dringend te fluit of hulle grond toe te stoei. Hy vertel dat probleemhonde en hulle eienaars dikwels in die nag stap, wanneer dit stiller is, met minder ander honde, of selfs in die reën.

"I took the dogs out in the rain, and I watched their every move, and observed their dubious attributes – Reuben’s unkempt hedges of fur, the grainy gold in his eyes. Then Archer’s virtuous outlook, masking the villain within … There was a definite look of darkness, of marches to gallows and justice. Shoes, legs, paws, snouts. All was soaked and stuck to us. The guilt hung low in the sky."

Hy beskryf sy liefde vir wanaangepaste honde so treffend: “For the same reason I love an image that changes a sentence from exactly what you were expecting into something just left of centre, Reuben was the perfect companion.”

Die boek handel oor Markus en sy gesin se drome, strewes en lewe en dis uiters poëties:

“As the year pulled forward around us, we did what needed doing. Sometimes it felt quite morbid.
It isn’t until you think of days and dogs, nights and unslept children, and cats pissing on that rug again, and trying to get some work done, that you realise it’s fairly involved.”

Hy skryf roerend oor sy honde se laaste dae:
"There are terrible and poetic things in our lives, and so often they’re one and the same.
Woken-up kids are beautiful.
Sinking dogs are tragic and golden."

Hy verduidelik dat hy nie wil argumenteer met mense wat opreggeteelde honde koop nie. “But someone has to take the mongrels, the rejected, the unloved. Again, none of that makes us special; we just can’t seem to help ourselves. It’s what we like. We roll the dice. And maybe, just maybe, we like the chaos."

Ná die afsterwe van die mafia-base Reuben en Archer maak die Zusaks weer so: “We met a wild dog and we kept him.”

Sy liefde vir honde en sy vermoë om dit te verwoord is verstommend. Ek haal vandag soveel aan, maar ek kan dit eenvoudig nie help nie:
“There’s nothing like a dog … It’s their breath and fur and stink and eyes, it’s how they rub up close against you. Knowing it, telling it. – I’m yours.”

Dis ’n roerende, onsentimentele en slobberende liefdeslied aan sy honde, met foto’s wat saam met sy tekenende woorde die honde laat opstaan uit die papier.
“What’s left? They are ours. We are theirs. There’s not a dog I want to forget."

Skaf dit aan en staan verstom, word geroer en gevul met die besef dat honde nie engele is nie, dat hulle ’n uiters suiwer vorm van misdadigheid en alleroorheersende liefde verpersoonlik. Dis die ideale geskenk vir hondeliefhebbers.

Three Wild Dogs deur Markus Zusak is deur Pan Macmillan uitgegee en kos R408 by Loot.


Ek wil skaars oor ’n ander boek skryf ná hierdie leeservaring. Ek het ook twee noirs gelees: Count My Lies wat suiwer huishoudelike noir is, met ’n geel en blou voorblad en ’n beskadigde, onbetroubare hoofkarakter wat lieg om haarself interessanter en meer spesiaal te maak. Maar hoe onthou sy al haar versinsels?

So bevriend sy ’n egpaar in die park onder valse voorwendsels en wurm haar in hulle lewe in. Sy word hulle kind se oppasser en merk dat hulle lewe van naby nie so ideaal is as wat dit gelyk het nie. Sy wil eintlik die vrou wéés, soos in Single White Female, sy is ’n bekruiper vol eensaamheid en obsessies. Later word dit duidelik dat sy nie die enigste leuenaar is nie. Sy word met haar eie koord gevang. Dis spannend en onderhoudend en as jy dit klaar gelees het, het jy dit reeds vergeet. Ek sien wel daar is reeds 'n TV-reeks van gemaak, met Lindsay Lohan.

Count My Lies deur Sophie Stava is deur Penguin Random House uitgegee en kos R320 by Graffiti.

Dieselfde geld vir Seal Your Own Fate. Dis redelik knus en speel op die platteland af, in verskillende tydsgrepe – die sestigs en die hede – met ’n eksentrieke, misdadige fortuinverteller, ’n erfgenaam, moord en ou raaisels om te ontrafel. Dit voel asof dit deel van ’n reeks is, asof daar ’n hele agtergrondstorie is wat ek gemis het. Dit behou die aandag, maar ek was eerder lus om meer te lees oor Markus Zusak se misdadige honde.

How to Seal Your Own Fate deur Kristin Perrin is deur Quercus uitgegee en kos R578 by Amazon SA.


Markus Zusak en Frosty.

A Dog Has Died

My dog has died.
I buried him in the garden
next to a rusted old machine.
Some day I'll join him right there,
but now he's gone with his shaggy coat,
his bad manners and his cold nose,
and I, the materialist, who never believed
in any promised heaven in the sky
for any human being,
I believe in a heaven I'll never enter.
Yes, I believe in a heaven for all dogdom
where my dog waits for my arrival
waving his fan-like tail in friendship.
Ai, I'll not speak of sadness here on earth,
of having lost a companion
who was never servile.
His friendship for me, like that of a porcupine
withholding its authority,
was the friendship of a star, aloof,
with no more intimacy than was called for,
with no exaggerations:
he never climbed all over my clothes
filling me full of his hair or his mange,
he never rubbed up against my knee
like other dogs obsessed with sex.
No, my dog used to gaze at me,
paying me the attention I need,
the attention required
to make a vain person like me understand
that, being a dog, he was wasting time,
but, with those eyes so much purer than mine,
he'd keep on gazing at me
with a look that reserved for me alone
all his sweet and shaggy life,
always near me, never troubling me,
and asking nothing.
Ai, how many times have I envied his tail
as we walked together on the shores of the sea
in the lonely winter of Isla Negra
where the wintering birds filled the sky
and my hairy dog was jumping about
full of the voltage of the sea's movement:
my wandering dog, sniffing away
with his golden tail held high,
face to face with the ocean's spray.
Joyful, joyful, joyful,
as only dogs know how to be happy
with only the autonomy
of their shameless spirit.
There are no good-byes for my dog who has died,
and we don't now and never did lie to each other.
So now he's gone and I buried him,
and that's all there is to it.

Pablo Neruda


Subscribe to DeborahWoorde

Don’t miss out on the latest issues. Sign up now to get access to the library of members-only issues.
jamie@example.com
Subscribe