Ons vrolike vasteland
Chanette Paul is ’n fenomeen in ons skrywerslandskap. Sy het al 51 boeke geskryf en maak ’n lewe uit skryf, vryskut. Dit wil gedoen word. En die vrou kan skryf, hoor.
Déjà vu is ’n deurdrumpel van ’n boek waardeur ek gegly het soos ’n warm mes deur botter. Paul