Trap sag want jy loop op drome
Liewe vriende
Die dae jaag mekaar soos sandkorrels in ’n uurglas, volspoed op pad na die vergetelheid. Oktober is reeds ’n ligpers waas in die hoek van my oog. Krismisliggies knipoog oral soos 'n moeë prostituut wat lipstif aanwend vir nóg 'n aand op straat.
Dit word donker.